skip to Main Content

’n Doodnormale meisie wat vakansies by Lambertsbaai verkies. ’n Omgee-mens. ’n Mens-mens. Iemand met empatie vir haar medemens. Dis wie Elani Dekker is.

Elani het al baie verskillende tipe karakters vertolk. Pizzaface in die film, Vaselinetjie, was ’n baie promiskueuse karakter. Yvette Verwey was ’n vol selfvertroue kultuurdier in die film, Jou Romeo. En Monique Cilliers in Binnelanders is nie eers bang vir die gevreesde At Koster nie. Dis moeilik om te glo dat Elani Dekker in die regte lewe eintlik menssku is. Tog sal sy niks anders as ’n aktrise wil wees nie.

“ ’n Kunstenaar is wie ek is. As ek nie ’n aktrise was nie, sou ek skilder of professioneel gelees het of klere maak,” vertel sy.

Sy het ongelooflike empatie met haar karakters. “Ek kan myself maklik indink hoe ’n sekere situasie vir iemand anders moet wees. Dis vir my maklik om eg te wees oor my emosies, maar daar is ander dinge wat nou weer nie vir my so maklik kom nie. Ek probeer om nie ’n karakter te oordink nie. In die regte lewe oordink ’n mens nie noodwendig alles nie. Die omstandighede van ’n karakter help ook baie om meer geloofwaardig oor te kom.”

Sy het vrede in haar hart dalk elke rol op die regte tyd, tydens die regte seisoen van haar lewe gekom het. “Ek sal nog baie graag eendag saam met Anna-Mart van der Merwe in ’n teaterstuk of storie wil speel. Maar ek het soveel vrede dat elke rol reg was vir daardie spesifieke tyd in my lewe.”

FOTO’s: Elani Dekker se Maartmaand fotosessie.

Op die oomblik gee sy Drama as buitemuurse aktiwiteit by Randpark High. Sy is nog nie seker wat die res van 2019 vir haar mag inhou nie, maar sy is opgewonde oor die toekoms.

The world is her oyster.

Back To Top
%d bloggers like this: