skip to Main Content
Make-up Guru, Kandy Kane, Se Beauty Hacks

Kandy Kane gee vir ons haar top #BeautyHacks wat jou make-up roetine makliker en vinniger sal maak.

Kandy Kane het sommer ’n hele paar hacks wat jy kan probeer.

“As jy nie baie tyd het in die oggend nie sal ek regtig aanbeveel dat jy vals eyelash extensions kry. Party oggende staan ek net op en sit bietjie onderlaag aan en doen my brows!”

Haar ander #beautyhack is hoedjies! “Ek is ’n hoedjie mens. Cute hoedjies wat pas by sekere outfits is my ding. As ek ’n slegte dag het of nie tyd gehad het om hare te was nie – dra ek net ’n hoedjie.”

Wil jy ’n impression maak sonder om te veel tyd aan jou grimering te spandeer? Dan beveel Kandy ’n bold lip aan. “Maskara en ’n bright lip maak net ’n impression.” Op dae wat sy baie moeg voel sit sy net shimmer highlighter in die hoekies van haar oë. “Dit laat dit darem lyk of jy meer as 8 ure geslaap het,” lag sy.

’n Mens is nie veronderstel om maskara oor jou eyelashes te sit nie, maar dit gebeur soms dat jou eyeshadow op die extensions laat val en dan lyk dit dof. “Ek sit dan tissue so onder my oog. Dan maak ek my oog toe, tel die swart eyeshadow op en spuit dit bietjie nat met setting spray. Dan kam ek dit bo-oor die lashes. Dit maak die lashes swart sonder om maskara aan te wend.”

Hierdie is vinnige en maklike truuks wat enige iemand maar kan probeer – dis trial and tested and Kandy Kane approved!

Back To Top
%d bloggers like this: