skip to Main Content
Kandy Kane – Make-up Is Kuns

Dié make-up guru glo elke vrou is klaar mooi – grimering beklemtoon net jou goeie features.

Sy vertel vir ons hoe Kandy Kane begin het, wat die rol van social media in haar industrie speel en hoe ons elke dag met dankbaarheid moet leef.

Marlize Veenhof, of soos wat ons haar beter ken, Kandy Kane, het die wêreld op sy kop gedraai met haar unieke en ongelooflike grimeertalent. Sy sien hierdie gawe van haar as ’n manier om jouself uit te druk en is mal daaroor dat grimering ’n vrou anders kan laat voel en lyk.

Foto: Andre Badenhorst

So het Kandy Kane ontstaan…

Kandy Kane het as ’n training officer in die menslike hulpbrondepartement (HR) gewerk en in haar vrye tyd geblog. Dit het tyd geword om haar Afrikaanse dag-tot-dag blog te transformeer en ’n nuwe hoofstuk te begin. “Daar het candy canes op my tafel gelê en dit het my laat dink… Ek het op daardie stadium ’n naam vir my blog gesoek, -iets wat super catchy is, maklik om te sê en spel – want mense spel altyd my naam verkeerd ! My blog moes ook maklik op die internet gekry kan word as iemand my naam search.

Candy Canes kom in verskillende shapes en sizes, maar aan die binnekant is dit nog steeds dieselfde sweetie. Dit het my so laat dink aan ons vrouens. Ons gebruik klere, grimering en hare om ons mooi te laat lyk aan die buitekant, maar binne bly ons nog steeds dieselfde sweetie. Ons wil geliefd en waardevol voel en toe was dit vir my so ’n amazing betekenis. Obviously het ek die C’s verander K’s toe. Ek love die letter ‘K’. Dit beteken ook vir my – ‘kind and kept’! Om dit anders te spel, maak ’n impak. Mense onthou dit.” Vandag stel sy haarself bekend as Kandy en reageer byna net op dié naam. Dis net haar familie en naby vriende wat haar op haar regte naam noem.

Liefde vir grimering

Jy het reg geraai! Haar liefde vir grimering het al as klein dogtertjie begin toe sy haar eerste  stel Barbie make-up gekry het. “Ek was obsessed met my Barbie make-up. Ek was nog altyd mesmerised oor hoe grimering ’n vrou kan laat lyk en voel. Ek het altyd na my ma gekyk as sy haarself grimeer. Na die tyd het sy net ’n ander tipe selfvertroue gehad!

My ma het my toegelaat om eyeliner dra in vakansietye toe ek 12 jaar oud was en dit was vir my alles! Toe ek 15 was, het my ma elke tweede week vir my boeke by CNA gekoop oor hoe om reg te grimeer en ek het so baie uit daai boeke geleer. Dit was normaal vir 15-jariges om net maskara en lip gloss aan te sit, maar ek het ’n full face make-up gedra.”

Maak die vere die voël?

Daar was ’n stadium in Kandy se lewe waar sy gevoel het sy moet grimering dra om mooi te wees. “Gelukkig het ek later op ’n plek gekom waar ek besef het jy moet eers aan die binnekant gelukkig wees met jouself, dan maak dit nie saak of jy make-up dra of nie.” Haar besigheidsbeginsels berus op 1Petrus 3:3-4. “Inner beauty is soveel werd vir God. Dit gaan oor dit wat binne jou hart is. Dis altyd vir my belangrik om eerste daardie boodskap oor te dra. Jou mooi kom van die innerlike af. Make-up gee jou net daardie ekstra kick!”

Vir Kandy is dit net amazing hoe iemand se selfvertroue groei wanneer hulle gegrimeer is. “As iemand se make-up klaar gedoen is en hulle het selfvertroue, is dit vir my so rewarding. Ek lewe daarvoor.”

Sy voel ons lewe in ’n tyd waar make-up groot is. Almal weet hoe om hulle brows in te kleur en contouring te doen. “Ek geniet dit net want dis regtig vir my ’n vorm van kuns. Vir my is dit so ontspannend! Wanneer ek besig is met make-up is my kop nie besig met allerhande ander dinge nie. Ek is net besig met hierdie grimering!”

Social acceptance of social competition?

Kandy Kane het al met haar YouTube Channel begin in 2012. Dis voordat die woord ‘influencer’ deel geraak het van ons alledaagse bestaan. Sy voel baie sterk daaroor dat social media ons baie beïnvloed. “In daardie tyd was daar nie iets soos dat jy geld maak hieruit nie. Dit het net gegaan oor passie. Authenticity is vandag missing, omdat mense dit doen vir die geld of free produkte. Ek dink daar lê ook ’n gevaar in die gebruik van social media juis oor die persepsie wat geskep word van die perfekte lewe. Jy sien hierdie influencer wat travel, by duur restaurante eet en elke dag ’n ander Louis Vuitton handsak by haar outfit dra. Jy twyfel dan maklik of jy self regtig goed doen en op die regte pad is. Ek het ook al in myself begin twyfel, want ek kan nie so duur lewe leef nie. Alles lyk net so perfek op Instagram, maar mense skep net daai prentjie en dit kan baie gevaarlik wees vir followers.”

Nederig en dankbaar – so wil sy 2019 aanpak!

Sy is op ’n punt waar sy en haar man hierdie jaar kies om op dankbaarheid te fokus. “Dankbaarheid is vanjaar my en my man se woord van die Here af. Ons is altyd dankbaar vir die kar, dankbaar vir die nuwe kontrak, maar ons moet ook dankbaar wees vir die klein dinge soos, as ek sien iemand loop in die reën, en hulle besit nie ’n kar nie. Ons kla so maklik as ons nie naby die winkel se ingang parkering kry nie. Of mense wat met hulle voete werk toe stap, net om’n paar Rand te verdien. God begin regtig vir my wys dis die klein goed wat ons so vir granted vat. Ek wil die jaar die pad saam met die Here stap in dankbaarheid en in nederigheid.”

Foto: Andre Badenhorst

Dis duidelik dat Kandy Kane nie nét ’n talentvolle grimeerkunstenaar is nie, maar ook iemand wat die dieper betekenis van vrouwees verstaan en koester. Grimering definieer haar nie, dis net ’n middel tot ’n doel – om jou mooiste features te beklemtoon. Sy is anders. Sy het guts. En die beste van alles is dat hierdie Liefste BELLA voorbladster van Februariemaand REAL is – sonder enige pretensie, terwyl sy altyd die groter prentjie ingedagte hou!

Back To Top
%d bloggers like this: