skip to Main Content
Bou–Steel Die Show Bosch!

Die perfekte kombinasie van skaterlag en cringe-waardige oomblike maak die aksie komedie Thys & Trix ’n weghol treffer. Liefste BELLA het saam met Bouwer Bosh gekuier en gesels oor sy hoofrol as “Treurige” Thys. 

Thys word as ’n “onbeholpe polisieman” beskryf, het jy al iets aangepak waarin jy nie goed was nie?

Ja, akademie! Ek was redelik lui op skool gewees. Jy is nie noodwendig goed met alles wat jy aanpak nie. Wanneer jy jouself met mense omring wat beter is as jy, leer jy by almal en die hele proses raak beter.

Watter lewensraad sal jy aan Thys gee?

Hy hoef nie so versigtig te wees nie. Hy is baie naïef, hy het goeie intensies maar soms benadeel sy eie aksies hom.

Wat het jy by Thys geleer?

Om jou hare netjies te dra, is nie ’n slegte ding nie.  Ek is glad nie so nie, ek is baie impulsief en kam nooit my hare nie!

Hoe was dit om Leandie se broer te vertolk?

Dit was baie fun gewees. Ek het baie by haar geleer in terme van acting omdat sy die een is wat meer in daai wêreld ken as ek.

Het jy enige nuwe toertjies geleer?

Nie regtig nie, ek het wel geleer dat wanneer ek weer gaan probeer gholf speel dat ek seker sal maak almal staan agter my (kyk die blooper aan die einde van die film!).

Al wat Thys in die lewe kort is “’n goeie high five”. Wat kort jy in die lewe?

Goeie WIFI! Ek is só ’n millenial en geniet maar ’n stukkie podcast of  Netflix streaming. Ek is verslaaf aan wifi dink ek.

Wie sal aanklank vind by die film?

Dit is ’n baie lekker familierolprent – so die hele gesin sal dit geniet!

 

Geskryf deur: Heloïse van Hysteen & Melanie Jacobs

Foto’s: Verskaf deur Keyart

Back To Top
%d bloggers like this: