skip to Main Content
Hey Daar! | Eben Groenewald

Suid-Afrika het absoluut geen tekort aan talent nie. ’n Handjievol van hierdie talent en passievolle sterre kry dit reg om konstant op die silwerskerm te bly.

Genoeg dat ons nie van hulle sal vergeet nie! ’n Ware BELLA se brille is rooskleurig en skerp! Kom sê “Hey Daar!” vir die smeulende sterre was soms net-net onder die radar skyn!

Vir ons eerste – Hey Daar! Radar – stel ons julle voor aan Eben Groenewald. Talent, tick. Passievol, tick. Sag op die oog dus – goed vir jou gesondheid, trippel tick. (Julle is welkom BELLAS!)

View this post on Instagram

"Some deep quote" #gooiterugdonderdag #tbt

A post shared by Eben Groenewald (@ebengroenewald) on

 

Eben is ’n akteur, model, musikant en komponis. Hy het as ’n vryskut dromspeler die musiekbedryf eerste in die oog gehad. Eben het saam met kunstenaars soos Elvis Blue, 1st Project, Andriette, Cutting Jade en Staffan Bosson – die Sweedse “Pop Idol” wat die alombekende “one in a million” sing – gewerk. Ons het hom die eerste keer op ons skerms in Lien se Lankstaanskoene gesien, waar hy die ondersteunende hoofrol gehad het as Hein. Eben het ook die hoofrol op die Deon Opperman dramareeks Donkerland losgeslaan.

 

Hierna het ons talle kere Eben op ons silwerskerms begin raaksien. Eben het rolle in Villa Rosa, Boland Moordeen Getroud met Rugby vertolk. Eben woon tans in die Kaap waar hy en sy beste vriend ’n produksiemaatskappy Sloppy Ham Productions begin het. Sloppy Ham post skreeusnaakse en relevante kort video’s wat lekker vermaak verskaf!

Hy is ook die voltydse dromspeler vir die band Andra wat sorg dat hy ons land vol reis met hul musiek.

BELLA Scoop! Eben is tans op stel in die Kaap waar hy in die nuwe Hendrik Cronjé film Relatief Jonk speel. Dit sal nog ’n rukkie wees, maar nou weet ons waarvoor om uit te kyk! 

 

Geskryf deur: :Melanie Jacobs
Hooffoto: Verskaf 

Back To Top
%d bloggers like this: