skip to Main Content
Ons Leer Vir Clive Maistry Beter Ken

Die Televisie-, Radio- en Media Persoonlikheid, Clive Maistry, het met Liefste BELLA gesels oor alles wat hom laat tick.

Clive Maistry is ’n man met baie hooi op sy vurk. Hy bied die ontbytprograam op die radiostasie, 5FM, aan oor naweke. Hy bied ook The Racing Roundup met Clive Maistry op kanaal 239 aan. Clive het ook op die aanbiederreeks op The Tech Report (kanaal 409 op eNCA) verskyn. In 2015 was hy ook deel van die film “Captured”, waar Clive een van die 6 hoofkarakters gespeel het. Hy het ook op Egoli – Plek van goud, gespeel. Dan het SABC 3 se Lifestyle and Entertainment-vertoning, Mela, onlangs vir Clive as die nuutste aanbieder verwelkom. Hy is ook die manlike promo-stem van Zee World op DSTV.

Ons het vir hom ’n paar vrae gevrae…

Beskryf jouself in 5 woorde:

Gemotiveerd, gedrewe, snaaks, skerp en sjarmant.

Wat is jou idee van die perfekte date?

Baie mense sê films is nogal anti-sosiaal vir ’n eerste date, maar ek stem nie heeltemal saam nie. Ek voel as dit goed genoeg beplan word, dan kan dit werk. Begin eers met ‘’n koffie van so halfuur, net om die ys te breek en gaan fliek dan. Na die fliek kan julle oor die fliek gesels en dalk ’n bottel wyn geniet…

Toe jy klein was, wou jy…

’n Beroemde popster hahaha no jokes! Momsy het selfs vir Kersfees vir my ’n mikrofoon gekoop.

Wat is ’n deal breaker?

As iemand laat is.

Wat doen jy graag vir pret of om te ontspan?

’n Goeie series om te binge met ’n massiewe bak springmielies en donker sjokolade is my ultimate!

Wat sal mense verbaas wees om van jou te weet?

Dat ek selfies haat 😉 !

Waarna sien jy die meeste uit die jaar?

Om te sien hoe ek in my doelwitte vir die jaar kan slaag.

Waarsonder kan jy nie leef nie?

Musiek, my iPhone en iWatch. Wat is op my iPhone

Kitsfeite

Gunstelingsjokolade? Lindt Donker Sjokolade.

Gunsteling TV-program? Ek geniet ’n goeie drama! Op die oomblik hou ek van die Amerikaanse misdaadverhaal – Die moord op Gianni Versace. Volgende op my lys is “The Ted Bundy Tapes”!

Gunsteling film? Tot op hede en my ultimate fave – Jurassic Park!

Gunsteling Klere Brand? Under Armor all the wat! Ek lewe omtrent in active wear wanneer ek nie op die lug is nie.

Gunsteling herinnering van kleintyd? Ek sou sê, een wat regtig uitstaan ​​is om na die DVD-winkel toe te gaan en flieks te kies om vir die naweek te huur #oldschool!

Jou #WCW? Moet Mariah Carey wees! Die lewende legende!

Gunsteling vakansiebestemming? Portugal!

Gunsteling sportvrou? Ek staan beslis agter ons meisie Caster Semenya!

Mees gekoesterde persoonlike item wat jy besit? ’n Ring met my voorletters daarop, wat my ma vir my vir een van my verjaarsdae gegee het. 

Moet-hê mode-item? My Apple Watch!

Gunsteling velsorgreeks? Die hele L’Oreal-reeks.

Gunsteling drankie? Moet ‘n goeie sterk cappuccino wees (met amandelmelk). 

 

 

 

 

Back To Top
%d bloggers like this: