skip to Main Content
Ons Held Wat Skobbejak Speel

Sekere akteurs en aktrises het hulself al kom tuis maak in ons sitkamers en Erik Holm is een van hulle!

Erik se ligte blou oë lag wanneer ’n man in die verbygang gil: “Rian, gee vir At gas!” Dis duidelik dat Erik weer onlangs in Binnelanders sy verskyning gemaak het. Ons geliefde held en inspirasie speel weer die skobbejak in een van ons gunstelingsepies. 

Dié geliefde akteur se ware verhaal is vol uitdagings en tragedie. Hy is in 2007 verlam na ’n duikongeluk. Hy het Suid Afrika se harte in 2008 gewen toe hy geskiedenis gemaak het om op KYKnet se sepie, Binnelanders, in sy rolstoel te verskyn. Erik se karakter het drie jaar terug onder misterieuse omstandighede verdwyn, en die gehoor se tone krul behoorlik noudat Rian uit die dood verskyn het. “Dit is so lekker om bietjie ’n villain te speel,” Lag Erik. “ ’n Mens spandeer 99% van jou lewe om te probeer om ’n goeie mens te wees, so dis pret om ʼn karakter te speel wat jou herinner hoekom ons goeie mense wil wees!”

Foto: Verskaf

Erik het verskeie titels wat hy op sy curriculum vitae kan lys, onder andere akteur, nuusleser en skrywer! Hy het ondermeer aan groot suksesverhale soos Liefling en Pretville gewerk en hy is weer terug op sy pos! Erik het in samewerking met die NGO organisasie, Parliament of the people, ’n musiekblyspel op die planke gebring. “Ons het die die spel geskryf uit ons handves van menseregte. Dit was vir ons uiters belangrik om die balans tussen ons menseregte en ook die verantwoordelikhede wat ons het om ons menseregte te geniet, te kon uitbeeld”

Met sy talent, sy status as held en doelgerigtheid is hy definitief iemand om dop te hou. Volg hom op Facebook en Instagram om op hoogte te bly van alles wat Erik in die mou voer.

Back To Top
%d bloggers like this: