skip to Main Content
Musiekfees Vir Oud En Jonk

Is feeste jou ding? Geniet jy dit om jouself te verdiep in plaaslike talent terwyl jy gelyktydig aan stalletjiekos smul? Dit terwyl jy uitkyk op ’n mooi uitsig? Indien bogenoemde al die regte boksies tiek, is die Jacaranda FM More music you love-ervaring ’n móét.

Die voldag familie-musiekfees vier Suid-Afrikaanse musiek en is vernoem na Valiant Swart se gelyknamige treffer. Feesgangers kan uitsien na energieke optredes deur Die Heuwels Fantasties, wat ’n verhoog met die legendariese Van Coke Kartel-rocker, Francois van Coke, gaan deel.

Laurika Rauch is al deel van die volksmond en is nog ’n kunstenaar wat gaan bekoor by die fees, asook Afrikaanse liefling Riana Nel en Majozi met sy elektro indie rock-klanke. Moenie van nuweling Jo Black, kitaar-ghoeroe Loki Rothman en ons eie rap-superster, JR, vergeet nie!

Pak dus vir jou ’n piekniekmandjie, sleep jou geliefdes saam na Emmarentia Dam en vind ’n skadukol waar jy jou kombers kan oopgooi vir die dag. Voilà – ’n paar eenvoudige stappe vir ’n dag om te onthou.

Spring nou vir kaartjies!

Datum: 6 Augustus 2017.

Tyd: 10:00 – 18:00.

Plek: Emmarentia Dam, Johannesburg.

Kaartjies: R165 Aanlyn / R200 Hek / R600 PLUS / Onder 12: R75.

Koop aanlyn: http://bit.ly/LiefdeByDieDam

 

 

Back To Top
%d bloggers like this: