skip to Main Content
Liesl Laurie Nou Deel Van Die Nuwe Breakfast Show

Liesl Laurie is ons goue meisie met ’n string skoonheidstitels agter haar naam en nou keer sy dat dat jy in die (ver)keer vassit. 

Liesl sê: “Ek het verlief geraak op JacarandaFM gedurende my reign.” En nou is sy nie nét deel van die gewilde Jacaranda-familie nie, maar sy is ook te sien (of eerder te hoor) op Martin Bester en Tumi Morake se Breakfast Show. “Dit is soos ’n familie, die mense hier is só nice en het my dadelik laat welkom voel. Danksy Morné JK, die talentbestuurder, Thumelo, Mack, Carla en Rozanne, het ek dadelik deel gevoel. Hulle was baie behulpsaam.” Sy sê die beste idee rondom JacarandaFM is dat dit baie familie-geörienteerd is. Daar is altyd speelareas vir die kinders en gebeurtenisse soos Jacaranda day is ’n geleentheid om familie en vriende weer bymekaar te bring.

Sy was aanvanklik baie bang vir hierdie crazy, nuwe omgewing, maar sy love uitdagings. Sy het vinnig aangepas en ’n mens kan onmiddelik hoor dat sy gemaklik voel. Die medium het haar geleer om vinnig op haar voete te kan dink en dit maak ’n mens oop vir breër horisonne. “Op radio moet ’n mens ’n sterk opinie hê en jy moet dit goed kan oordra vir jou luisteraars,” sê sy. Haar gunsteling deel van Jacaranda FM is dat hulle saam met nie-winsgewende organisasies soos Sisters with Blisters werk.

Haar boodskap aan die wêreld is dat jy moet trots wees op die keuses wat jy maak – jy is nie ’n produk van jou omstandighede nie, maar van jou keuses. Dít is ook waar sy ’n verskil in mense se lewe wil maak. “Ons almal het ons eie struggles en ons almal is anders, maar jy kan bo jou omstandighede uitstyg,” sê sy.

Sy het gekies om nie meer in die skaduwee te lewe nie. “Ek het my lewe in my eie hande geneem en myself empower – moving away from the shadow, into the silver lining, rainbow and clouds.”

*Die volledige artikel verskyn in BELLA se Augustus-uitgawe op bl.. Luister of jy BELLA se advertensie op Jacaranda FM kan hoor!

Geskryf deur: Lizanne Theron 

Foto: Verskaf Jacaranda FM

Back To Top
%d bloggers like this: