skip to Main Content
September: Wat Om Voor Uit Te Sien

Geen verskoning vir verveeldheid in September nie, Liefste BELLA hou jou op hoogte van alles wat pret is!

Francois van Coke en Vriende

Hierdie is een musiek geleentheid wat jy nie wil mis nie. Francois van Coke en Vriende in samewerking met Jacaranda 94.2 en kykNET vind plaas by die Sun Arena, Time Square Casino op Saterdag, 15 September 2018. Bekendes sluit in Karen Zoid, Jack Parow, Fokofpolisiekar, Die Heuwels Fantasties, Van Coke Kartel en vele meer! Kaartjies beskikbaar by Computicket vanaf R225 per persoon.

The Foam Run SA

The Foam Run SA – Pretoria, 15 September 2018. Sonder twyfel is die #FoamRun5k die opwindendste drafsessie nog! Biljoene borrels, gekleurde skuim en musiek om jou op jou tone te hou. Jou kaartjie sluit die offisiële Foam Run Festival T-hemp, draf kopband, skuim, draf brille en natuurlik… borrels in. Na die vyf kilometer draf kry jy outomaties toegang tot ’n fees van vermaak. Kaartjies vanaf R185 per persoon.

 

Fijnwyn innie lente Wine & Food festival

Wat is nou beter as ’n heerlike lente dag saam met vriende? ’n Heerlike lente dag saam met vriende en wyn, natuurlik! Fijnwyn innie lente Wine & Food festival vind plaas op die 22ste en 23st September 2018 by Shokran Events Venue in Pretoria. Met meer as 40 van die land se top wyn plase, live musiek en lekker kos stalletjies is daar geen rede om dit mis te loop nie. Kaartjies beskikbaar by itickets.co.za vanaf R160.

Riaad Moosa & Friends

Lag lente in met Riaad Moosa & Friends: Heritage Weekend Edition by Emperors Palace, Sondag 23 September 2018. Bekroonde komediant Riaad Moosa en skerpskets reuse soos: Dillan Oliphant, Joey Rasdien, Loyiso Madin, Schalk Bezuidenhout en Simmi Areff is maar ’n paar name wat gaan sorg vir ’n maag-seer-lag aand van komedie. Kaartjies beskikbaar by Computicket vanaf R185.

Lentedag

Verwelkom die lente op die regte manier met een van die grootste eendag studente partytjies nog. Die 16de Lentedag word gehou op 26 September 2018 by die Pretoria Nationale Botaniese Tuine. Matthew Mole, Karen Zoid, Shane Eagle, Van Platzen en vele meer is deel van die vermaak vir die dag. Kaartjie beskikbaar by plankton.mobi.

The Wedding Expo

Verloofdes, verliefdes en dagdromers, Die Wedding Expo bring inspirasie en romanse in September! Kyk uit vir promosies en giveaways bruidjies! Die Wedding Expo is die 29ste en die 30ste September 2018, Sun Park, Johannesburg. Kaartjies is R120 aanlyn beskikbaar by TicketPro.

 

Saamgestel deur: Melanie Jacobs
Hooffoto: Shutterstock

Back To Top
%d bloggers like this: