skip to Main Content
Oktober Vermaak Kalender

Maak die beste van elke dag! Liefste BELLA hou jou op hoogte van alles wat pret is!

Matilda die Musical

Hierdie multi-bekroonde musiekblyspel kom uit die produksie blaaie van die Royal Shakespeare Company. Dit is geïnspireerd deur die geliefde boek deur Roald Dahl. Matilda die Musical is die storie oor ’n buitengewone jong meisie, met haar skerp denke en ongelooflike verbeelding, neem sy op ’n braaf en unieke manier beheer oor haar eie lot en toekoms. Hierdie Musiekblyspel het al oor die 85 internasionale toekennings ontvang – onder andere 16 toekennings vir die beste musiekblyspel. Matilda the Muical begin die 17de Oktober by die Montecasino teatro.

Bloemfontein Roos Fees

Bloemfontein direk vertaal is “Fontein van Blomme”. By vanjaar se jaarlikse Roos Fees kan jy van die mooiste kleure en geure van die blom ervaar. Die fees bied ’n high tea en ’n verskeidenheid van aktiwiteite regoor die stad aan. Die skoonhede kom bymekaar vir die kroning van titels soos Miss Rose, Miss Rosebud en Grandmother of the Rose. Met oor die 15 000 rose en top klas vermaak is hierdie fees ’n moet! Bloemfontein 19 -21 Oktober!

Proe’toria Nibble Market

Bring jou vriende en eetlus na die Proe’toria Nibble Market by Monte de Dios. Maak reg vir ’n heerlike Saterdag kuiertjie met gourmet kos stalletjies, wyn, gin, vermaak en soveel meer. 20 Oktober vanaf 2pm tot 8pm. Toegan is verniet.

SA Fashion Week vier hulle 21ste!

Suid-Afrika se Fashion week vier vanjaar hul 21ste bestaansjaar. Meer as sestig ontwerpers gaan hul herfs/winter 2019 ontwerpe op die Protea Court dak in Sandton vertoon. Dit is ’n mode partytjie – moet nie uitmis nie! SA Fashion Week vind plaas 23-27 Oktober – kry jou kaartjies by Computicket!

Foto: Verskaf

 

Geskryf deur: Melanie Jacobs
Hooffoto: Shutterstock

Back To Top
%d bloggers like this: