skip to Main Content
Maart: Kalender

Maak die maand van Maart die lekkerste! Liefste BELLA hou jou op hoogte van alles wat pret is.

US Woordfees

As jy ’n teaterliefhebber is, is hierdie fees vir jou. Dis ’n kulturele fees vir oud en jonk. Daar is teaterstukke, boekgesprekke, visuele kuns en soveel meer. Dis in Stellenbosch vanaf 1 – 10 Maart en sommer ’n lekker wegbreek in die begin van die maand. Klik hier vir die program en kaartjies.

Gin Fest Pretoria

As jy meer van ’n rustige daggie wil vat is hierdie een vir jou! Die Gin fest is op, Saterdag, 9 Maart by die Kleinkaap Boutique hotel in Centurion vanaf 11:00 die oggend tot 20:00 die aand. Wanneer jy by die Kleinkaap inry voel dit of jy in ’n ander dorp en plek is. Dit beloof om ’n rustige dag te wees waar jy net kan wees en lekker kuier saam met jou vriende onder die bome.

 

Fijnwyn Bubbles & Food festival

Kom geniet ’n bubbly dag saam met Fijnwyn. Die eerste Fijnwyn vir die jaar en definitief nie een om te mis nie. Dit vind plaas 21 Maart, by die Shokran Events Venue in Pretoria, 10am – 5pm. Kaartjies beskikbaar by iTickets. 

Afrikaans is Groot Grand West

Suid-Afrika se top Afrikaanse sangers bring ’n wenner van ’n vertoning na Kaapstad! Afrikaans is Groot Grand West, 15 – 17 Maart by die GrandWest Casino.

 

Back To Top
%d bloggers like this: