skip to Main Content
Lief(dadigheid) By Die Dam!

Wonderlike musiek, ’n atmosfeer van feesvier, pret en oop harte – waarvoor meer kan mens vra op ’n Sondagmiddag? Liefde by die Dam het uitverkoop en was ’n reuse sukses!

Nege duisend mense het Sondag, 5 Augustus die jaarlikse Liefde by die Dam-konsert by Emmarentia Dam bygewoon. Die piekniek-styl konsert het was tjok en blok met laggende gesinne en paartjies. Jonk en oud het musiek deur top Suid-Afrikaanse kunstenaars geniet. Vanjaar se program het optredes deur Die Heuwels Fantasties, Karlien van Jaarsveld, Francois van Coke, Koos Kombuis, Elvis Blue, Bongeziwe Mabandla, Bouwer Bosch en Martin Bester ingesluit.

Pierre Greeff van Die Heuwels Fantasties, mede-organiseerder van Liefde by die Dam jubel en noem dat dit vir hulle baie lekker is om ʼn platform te skep waar die beste van die Suid-Afrikaanse musieklandskap aangebied kan word.
“Bongeziwe was vir my ʼn absolute hoogtepunt en dis wonderlik om te sien hoe baie mense sy musiek eers Sondag ontdek het.  Dit was ook vir ons ʼn wonderlike ding dat ons kaartjies hierdie jaar uitverkoop het. Sien julle volgende jaar en dankie vir almal wat daar was.”

Die Liefde Wen-span onder leiding van Bouwer Bosch het ook vanjaar weer komberse na die afloop van die konsert vir liefdadigheid ingesamel. Bosch sê dat hulle om en by 800 komberse vanjaar ontvang het. “Baie dankie aan almal wat hulle komberse agtergelaat het.

Die eerste helfte van die komberse was reeds Maandagoggend by die Abraham Kriel kinderhuis in Potchefstroom afgelaai en die tweede helfte sal deur een van ons vennote versprei word.

Hou sosiale media dop vir meer van vanjaar se Liefde by die Dam hoogtepunte. Stuur vir ons julle gunsteling-oomblikke met die #LiefdeByDieDam.

Facebook: @LiefdeByDieDam
Twitter: @LiefdeD
Instagram: @LiefdeByDieDam

 

Geskryf deur: Melanie Jacobs
Foto’s: Henry Engelbrecht

Back To Top
%d bloggers like this: