skip to Main Content
Kraakvars Wintervermaak!

Nou dat die winter aangebreek het, hoef jy nie te hiberneer nie.

Nee – hier is vermaak wat jou tone sal laat omkrul. Trek solank jou dagboek nader.

O.A.K. Jeugteater se Beauty and the Beast

11 – 21 Julie 2018 / R130 – R150 / Atterbury-teater

Julle ken die verhaal – ’n jong boekwurm met die naam Belle trek die aandag van ’n voormalige soldaat. Dan word Belle se pa deur ’n Ondier gevangene geneem. Op ’n slim manier ruil sy plekke met haar pa en die res is soos hul sê geskiedenis. Die vertoning spog met pragtige kostuums en musiek vir oud en jonk.

Remove featured image

Katy Perry: Witness the Tour 

18 – 21 Julie 2018 / R575 – R3410 / Ticketpro Dome, Johannesburg

Nou kan jy die fireworks eerstehands ervaar wanneer Katy Suid-Afrikaanse verhoë aan die brand sing!

Photo by Kevin Mazur/Getty Images for AEG)

#WITNESSKP
Twitter: katyperry
Facebook: katyperry
Instagram: katyperry

Liefde by die Dam 2018 

5 Augustus 2018 / R165 aanlyn. Kinders 12 jaar en jonger: R75. Onder 3: gratis / Emmarentia Dam, Johannesburg

Die musiekbelewenis vir die hele gesin bevat weer ’n propvol program met bekende gesigte soos Die Heuwels Fantasties, Karlien van Jaarsveld, Koos Kombuis, Elvis Blue en Schalk Bezuidenhout. Sien ons jou daar?

#LiefdeByDieDam
Facebook: LiefdeByDieDam
Twitter: LiefdeD
Instagram: LiefdeByDieDam

Bastille-fees 2018

14 – 15 Julie 2018 / R280 – R350 per persoon / Franschhoek

Ons land se gewilde Frans-geïnspireerde fees, oftewel die fees van die sintuie, word vir die 25ste keer aangebied met die prentjiemooi Hugenote-monument in die agtergrond. Die kos-en-wyn-markiestent is die spilpunt waarom die fees draai.

Foto krediet: Franschhoek Wine Valley

Facebook: Franschhoekbastillefestival
Twitter: Franschhoek_SA
Instagram: franschhoek_sa

Jazz on the Bay

12 Julie 2018 / Victoriastraat 41, Kampsbaai

Nou kan jy die winter ’n bietjie opjazz met dié maandlikse event. Voorste wyne, ’n fantastiese atmosfeer en etes met verruklike uitsigte is alles op die spyskaart!

Shutterstock

 

Saamgestel deur: Heloïse van Huyssteen
Hooffoto: Shutterstock

Back To Top
%d bloggers like this: