skip to Main Content
Kersmarkte Wat Jy Nie Moet Mis Nie!

In die afgelope paar jaar het daar ’n markie om elke hoek en draai opgepop en #LiefsteBELLA is opgewonde om te sien hoeveel Kersmarkte vanjaar plaasvind.

Wie kan die dae onthou waar jy as kind roomys geëet het en jou ma gesmeek het vir die mooi handgemaakte Babrie klere terwyl julle die vlooimark besoek. Vandag is daar ’n markie in elke dorp, party elke Saterdag, ander een keer ’n maand en party verras jou as jy die event op Facebook vind.

Hier is ons gunsteling-Kersmarkte waar jy beslis ’n draai moet gaan maak dié Desmeber:

KAMERS/Makers 2018

Vanaf ’n klein Kersmark het KAMER/Makers gegroei tot ’n landswye hangemaakte, unieke ‘Makers’ uit te stal en bemark. Kaapstad, Stellenbosch, Bloemfontein, Johannesburg en Pretoria – die mark is iets om na uit te sien. So bring jou familie, vriendinne en kollegas en kom doen sommer al jou Kersinkopies by KAMERS/Makers, 4 – 9 Desember by Cornwall Hill College in Pretoria.

Kaartjies beskikbaar by Plankton.mobi.

Fourways Farmers Market – Christmas Night Market

 Die Fourways Farmers Market is ’n bekende mark in Johannesburg en dis weer tyd vir hul jaarlikse Christmas Night Market. Die perfekte manier om die naweek (of dalk jou vakansie) te begin. Musiek, heerlike kos en natuurlik baie inkopies. Bring die kinders, ouma en oupa en sommer jou troeteldier ook. Vanaf 7, 8, 14 en 15 Desember by Fourways Farmer Market, Longmeadow Farm.

Montecasino Christmas Village

 Montecasino bring Europa na Suid-Afrika met hulle 5de Christmas Village. Met meer as 60 stalletjies wat vir jou alles om en van Kersfees bied beloof dit om nie ’n teleurstelling te wees nie. So bring die kinders en vier Kersfees saam met Montecasino, 12 – 17 Desember.

Ingang is R10, kinders sonder 12 gaan verniet in.

Southdowns Night Market Christmas edition

 Die Southdowns Night Market vind een maal ’n maand plaas en het vinnig gegroei vanaf ’n klein nagmarkie tot ’n bekende kuiermark. Hulle vier Kersfees met hul laaste mark van die jaar en soos altyd sal daar kos, drankies, musiek en baie geselskap wees. Pak jou kampstoel en nooi almal wat jy ken. 13 Desember by Southdowns winkelsentrum.

Carnival City Christmas Market

Met ’n verskeidenheid van klere, dekor, juwele en handgemaakte produkte by die stalletjies, is dié die perfekte plek om jou Kersfeesinkopies te doen. 15 -16 Desember by Carnival City.

Walter Sisulu Picnic & Market under the STARS

 Wat is nou beter as om piekniek te hou onder die sterre! Klink vir ons na die perfekte date night. Gryp jou partner (of wys vir hulle die artikel #skimpskimp), pak ’n piekniekmandjie en begin die feesseisoen met ’n lieflike aandjie in die natuur. 15 en 22 Desember by die Walter Sisulu National Botanical Garden.

Kaartjies beskikbaar by miid.co.za.

 

Weet jy van nòg Kersmarkte? Laat weet ons by @bellamag_sa of #BELLAKersmarkte.

 

Geskryf deur: Bianca Raath

Hooffoto: Shutterstock

Back To Top
%d bloggers like this: