skip to Main Content
Broer En Suster Skop Gat!

Die aksiekomedie Thys & Trix sentreer rondom ’n broer-en-suster-duo wie se kibbelry tot hul skorsing uit die polisiediens lei.

Wanneer een deur toe gaan, gaan ’n ander een mos oop. Raai wie word teruggeroep om die span te lei ná speurder Solomons (Brendon Daniels) die aktiwiteite van ’n misdaadsindikaat by ’n gholflandgoed ondersoek? Thys (Bouwer Bosch) en Trix (Leandie du Randt Bosch)! Natuurlik nie sonder skreeusnaakse nagevolge nie – hulle moet onder meer maak asof hulle’n getroude paartjie is, terwyl Solomons hulle vergesel as butler.

Leandie verwys na haar karakter, Trix Benade, as ’n ander enetjie.

“Sy is ’n hardekop, deurmekaarkop, ongesonde en willewragtag tomboy van ’n polisievrou. Haar droom is om ’n detective te word en sy love die man’s world. Sy is tough en vat nie strooi van enige iemand nie.”

Danie Bester van The Film Factory het die film vervaardig terwyl Quintin Krog (Vir Die Voëls en Ballade vir ’n Enkeling) in die regisseurstoel sit. Thys & Trix word 22 Junie 2018 deur Ster-Kinekor Entertainment uitgereik.

Facebook: ThysEnTrixFilm
Instagram: ThysEnTrix

 

Geskryf deur: Heloïse van Huyssteen
Foto’s: keyart.co.za

Back To Top
%d bloggers like this: