skip to Main Content
Vyf Moet Sien Sirkus Flieks

Of jy nou dertien of dertig is – die sirkus bly een fassinerende plek.

Die idée van ’n handjievol swerwende mense met kleurvolle kostuums, skerp ligte en hunkerende kollig harte bly aanloklik. Geen wonder dat van die grootste Hollywood blockbuster flieks die sirkus as die perfekte agtergrond vir hul stories gebruik het nie. #LiefsteBELLA se top sirkus films:

The Greatest Showman.

Hierdie sterbelaaide musical met groot name soos Hugh Jackman, Zac Efron en Michelle Williams is in 2017 uitgereik. Die fliek het wêreldwyd $434 miljoen ingehark wat The Greatset Showman kroon as die vyfde grootse musiekblyspel ter wêreld.

Water for Elephants

Met die rolverdeling van Reese Witherspoon en Twighlight se Robert Pattison vind die twee karakters hulself verlief en verbode. Die draaiboek is gebaseer op sy naamgenoot Roman deur Sara Gruen. Die romantiese drama het die wêreld behoorlik aan die gons gehad in 2011.

Big Fish

Dis ’n fantasie-komedie drama. Die talentvolle regisseur, Tim Burton se unieke vingerafdrukke is duidelik in hierdie inspirerende film. Ewan McGregor, Jessica Lange en Danny DeVito skitter onder andere in hierdie fliek.

Burlesque

Ja, daar is tegnies ’n verskil tussen burlesque en sirkus. Maar beide het glans uitrustings, besige kolligte, dans en musiek! Met twee van die wêreld se beroemdste gesigte en stemme bly dit maar ’n girls night gunsteling. Christina Aguilera en Cher deel die skerm in hierdie 2010 musiek blyspel.

Dumbo

Met #LiefsteBELLA bly jou vinger verseker op die pols van vermaak. Dumbo – die geliefde 1941 Walt Disney animasie bly immergewild. Ons is opgewonde om in Maart 2019 die oulike olifantjie met die groot ore in “lewende lywe” te ontmoet in die “Live-action adaption” formaat. Tim Burton bring hierdie gunsteling sirkusstorie in IMAX en 3D teaters met sterre soos Collin Farrell, Micheal Keaton en Eva Green.

 

Geskryf deur: Melanie Jacobs
Foto’s: Shutterstock
Gif’s: giphy.com

Back To Top
%d bloggers like this: