skip to Main Content
Die Top 10 Kersfees Flieks Wat Op Jou Bucket List Mόét Wees!

Party is romanties, party komies en party net onrealisties, maar jy kan nie help om hulle lief te hê nie – al erken jy dit nie altyd nie.

Na ’n lang jaar agter die rug, is dit uiteindelik tyd om net bietjie te rus en daar is niks wat jou hart so vinnig laat smelt soos ’n goeie Kersfees fliek nie. Hier is die top 10 wat jy definitief moet kyk:

1. Elf

You had me at Will Ferrell! Die karkater, Buddy, was as kind groot gemaak deur Kersvader se elfs in die Noord-pool en is nou opsoek na sy regte pa in New York. Maak reg om te lag!

2. A Nightmare Before Christmas

Die lys sal nie volledig wees sonder A Nightmare Before Christmas nie. Dié ikoniese animasie mag dalk nie lyk soos jou tipiese Kersfees fliek nie, maar dit is beslis ’n wenner!

3. The Polar Express

’n Film gebaseer op die boek deur Chris Van Allsburg wat ’n storie vertel van drome en avontuur. The Polar Express sal jou hart warm maak en dalk ’n traan of twee laat pik.

4. How the Grinch Stole Christmas

Hierdie is die perfekte fliek om saam met die kinders te geniet. Afkomstig vanaf die boek deur Dr. Suess, vertel dit die storie van die kwaai Grinch wat Kersfees wil steel vir die inwoners van Whoville.

’n Nuwe animasie weergawe van die film is die feesseisoen in fliekteaters.

5. Love Actually

’n Ou klassieke film! Die fliek kyk na Kersfees liefde uit verskillende mense se perspektief. As jy dit nog nie gekyk het nie, sal jy moet plan maak…

6. Home Alone

Wie kan daai bekende gesiggie ooit vergeet! Die McCallister gesin verterk met vakansie en Kevin word by die huis vergeet! Wat nou!

7. The Christmas Carol

Die oorspronklike storie kom uit skrywer Charles Dickens se pen en vertel die verhaal van  Ebenezer Scrooge, en sy geeste. In 2009 is ’n briljante animasie weergawe gemaak met JimCarrey as die stem van Scrooge.

8. The Holiday

’n Kersfees romanse wat sal maak dat jy jou huis wil opgee en volgende Kersfees in Engeland deurbring.

9. The Christmas Prince

Hierdie is die perfekte sprokiesverhaal wat jou laat vergeet van alles en almal en waar jy jouself net in die storie kan inleef. Baie wyn en roomys werk goed saam met dié fliek.

10. The Princess Switch

Die is dalk nog nie ’n bucket list flim nie, maar dit is wel ’n nuwe Kersfees fliek met aktrise Vanessa Hudgens waarna ons baie uitsien! ’n Week voor Kersfees ruil ’n hertogin plekke met ’n meisie van Chicago wat nes sy lyk en die liefde vlieg hoog.

Wat is jou gunsteling fliek oor Kersfees? Laat weet ons by @bellamag_sa of #BELLAChristmas.

 

Geskryf deur: Bianca Raath
Hooffoto: Shutterstock

Back To Top
%d bloggers like this: