skip to Main Content
Change Everything, Without Changing Anything.

Amy Schumer se nuwe fliek, I Feel Pretty, is ’n skreeusnaakse, inspirerende film wat met die harte van vrouens regoor die wêreld praat.

Amy vertolk die rol van ’n karakter met die naam Renee, waarmee elkeen van ons tog so goed kan relate. Amy het by die fliek se priemere in Los Angeles vertel dat sy hierdie fliek vir haar 12 jarige self en elke vrou daar buite gemaak het.”I hope this movie reaches everyone, but I personally made this for my 12-year old self and I hope you guys could heal your 12-year old selves tonight”. Swak selfbeeld en gevoelens dat jy nie goed genoeg is nie, kruip soms by mens se gedagtes in sonder dat jy dit kan keer.

In hierdie fliek is Renee ’n jong vrou, met oneindige potensiaal wat sy nie bereik nie, omdat sy glo dat sy nie mooi genoeg is nie. Sy het nog altyd gewonder hoe dit moet voel om beeldskoon sonder twyfel te wees. Dit is een van haar grootste wense.

Op ’n dag by haar weeklikse spinning klas, was daar ’n fratsongeluk waar sy haar kop kliphard teen die grond kap. Sy word wakker en skielik glo sy dat sy die mooiste vrou op die planeet is! Met hierdie nuwe selfvertroue is sy bemagtig om die beste, mees suksesvolste lewe te lei. Eweskielik kry sy ’n hot hunk aan haar sy, ’n droomwerk waarvoor sy nog altyd te bang was om aansoek te doen, en ’n lewe vol eindelose geleenthede wat moeiteloos in plek val! Maar wat sal gebeur as sy besef dat haar voorkoms nooit regtig verander het nie?

Maak jou voorkoms dan die verskil of is dit jou eie ingesteldheid wat die verskil maak? ’n Must see movie! I Feel Pretty wys landswyd by Ster Kinekor en Nu Metro teaters. #girlsmovienight!

 

Geskryf deur: Jeandelene de Kock

Hooffoto: IFeelPrettyMovie

Back To Top
%d bloggers like this: