skip to Main Content
Dinge Om In Juniemaand Te Doen!

Die wintermaande beteken nie dat jy jouself moet toesluit in die huis nie. Maak seker jy merk die datums op jou kalender.

Ons is mos maar geneig om dieper in die bank in te sak soos die temperature buite daal en sommer vinnig-vinnig mis jy drie maande van jou lewe. Draai ’n serpie om jou nek en kom bietjie uit die huis uit.

  1. TOPS at SAPR Wine Show Joburg

Kom blend in saam met die wynliefhebbers by Montecasino vanaf 6 – 8 Junie. Proe, leer en leef jouself in die wyn in met wynproe-sessies en klasse. Vir meer inligting besoek die hul Facebook-blad se Facebook-event. 

  1. Capital Craft Beer Fest

’n Definitiewe moet vir enige Pretorianer. Die 7de Capital Craft Beer Fest vind plaas op Saterdag, 15 Junie, by die Pretoria Botaniese Tuine. Nie net is daar meer as 40 brouerye nie, maar ook 3 verhoë, 20 kosstalletjies, speel plek vir kinders en rugby op ’n big screen. Vir meer inligting en kaartjies besoek die hul Facebook-blad en klik op events

  1. Dullstroom Country Festival

 Planne vir die langnaweek? Wat van ’n road trip na Dullstroom! Die Dullstroom Country Festival is terug en beloof om beter as ooit te wees. Wyn, gin, craft bier, kos stalletjies en die mooie natuur. Wat meer wil jy hê? 15 Junie by Dunkeld Country & Equestrian Estate. Meer inligting beskikbaar op hulle Facebook-blad onder events.

  1. Rooi Fijnwyn Wine & Food Festival

Rooiwyn is sinoniem met winter en ons kan aan niks beter dink as ’n Rooiwyn Fees om hierdie winter warmer te maak nie! Vir die in die groep wat nie soos mal is oor rooiwyn nie is daar geen verskoning nie. ’n ‘Cheat’ witwyn sal beskikbaar wees. So Whatsapp jou vriende en kry jou kaartjie vir die 15de óf 16de Junie. Meer inligting op die Facebook-blad onder events.  

 

  1. Georgetown Band Winter Tour

Lus vir goeie musiek? Dié band sal jou witwarm sing. Maak seker jy sien Georgetown Band op hulle wintertoer wat plaasvind vanaf 26 Mei tot 18 Junie te Somerset West, Durbanville, Bloemfontein en nog meer. Inligting beskikbaar op hulle Facebook-blad

 

6. The Great South African Gin Festival

Kaapstad! Maak reg vir gin, gin en nóg gin! The Great South African Gin Festival vind plaas by die Kasteel van Goeie Hoop, 28 & 29 Junie. Bel die babysitter want slegs 18 jaar en ouer word toegelaat. Vir meer inligting besoek hulle Facebook-blad en klik op events. 

  1. GeekFest2019

Embrace jou inner geek, want GeekFest kom na Pretoria toe! Cosplay, Robowars, LARPING, Escape Room en nog soveel meer. Kom geniet die dag saam met jou hele gesin. Die naweek van 28 – 30 Junie by Sun Arena, Time Square. Meer inligting op hul Facebook-blad se events

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Back To Top
%d bloggers like this: