skip to Main Content
Carina Nel – Die Kalm Vrou Agter Alexa En Amanda

Carina Nel trotseer daagliks die onvermydelike verkeer van Pretoria na Johannesburg om vir Alexa en Amande lewe te gee.

Ja, Carina Nel is ’n gebore aktrise wat die voorreg het om twee uitdagende karakters in een sepie, 7de Laan, te kan vertolk.

Carina vertel: “Ek differensieer maklik tussen die twee karakters, omdat hulle so verskillend van mekaar is. Ek moes wel baie begin oplet na wat ek doen en hoe ek dit doen, want baiemaal sal mense vir my sê Amanda is besig om iets te doen wat Alexa doen en dan het ek nooit eers geweet dat Alexa daai spesifieke mannerisme het nie. So ek moet baie gefokus wees wanneer ek die rolle vertolk. Ek moes vir Amanda van scratch af create en dit was aan die begin nogal’n challenge. Sy moes anders loop en praat. Nou is dit vir my lekker om haar te speel, want ek het klaar haar karakter gebou.”

Sy glo letterlik aan die woord ‘cut’. Wanneer hulle op stel sê: “cut” dan maak Carina haarself los van haar karakter(s). Na ’n dag op stel maak sy ook seker dat sy iets sal sê en doen wat eg is aan wie sy as mens is.

“My karakter, Alexa, het my geleer dat daar altyd lig aan die einde van die tonnel is. ’n Mens se familie is belangrik, maar jy kan self ook jou omstandighede en situasie verbeter. Die belangrikste ding wat Alexa my geleer het is dat daar altyd lig en hoop is.”

Sy is trots om deel van 7de Laan te wees oor die feit dat hulle kykers en akteurs bemagtig deur hulle storielyn en dat hulle vir mense geleenthede gee om ’n internskap by hulle te voltooi. “Daar is ook ’n baie lekker familiekultuur by die laan en nie net tussen die akteurs nie, maar ook tussen ons en die crew.”

Sy het verlede jaar ’n bulimia storielyn gehad en sy is dankbaar oor dié uitdaging. Sy sê: “Ek dink dis belangrik om gemaklik te voel in jou eie vel. Elke man en vrou moet net die beste weergawe van hulself wees. Jy moet in confidence rondloop met wie jy is. Ek is eerlik gelukkig met wie ek op die stadium van my lewe is.”

Dit sit definitief nie in enige iemand se broek om twee karakters in een sepie te kan vertolk nie, maar as jou naam Carina Nel is, is jy gereed om so uitdaging as ’n blessing te sien. Alexa en Amanda is sterk vroue op ’n missie, maar die vrou agter die karakters is nog sterker en meer vasberade om ’n lig in die donker tonnel te wees.

Back To Top
%d bloggers like this: