skip to Main Content
Boekbekendstelling – Nadia: Paaie Van Hoop

Nadia skryf in haar eerste boek, ‘n inspirasieverhaal, prontuit oor die dinamika van menswees, die kuns van die lewe en hoe mense op foute en teleurstellings reageer.

Kuier saam met Nadia Beukes, Jana van der Merwe en Mandi Du Plooy-Baard by ‘n musikale boekbekendstelling van Nadia: Paaie van Hoop. Die bekendstelling vind op 30 Maart 2017, om 19:00 by die Atterbury Teater in Pretoria plaas.

Sang items deur Dinamiese Dames, Edrien Erasmus, Melissa Swart en Marisa Drummond, asook Nadia self, begelei deur ‘n 3-stuk orkes onder leiding van pianis, Wessel Odendaal, sal die gehoor vermaak. Gaan saam op ‘n musikale reis van die memoirs uit Nadia se eerste boek en luister na voorlesings en geselsies soos wat jy saam met haar op die paaie van haar lewe loop.

Kaartjies is by beide Computicket en die Atterbury Teater beskikbaar, teen R100 per persoon. Boeke sal by die geleentheid beskikbaar wees (R170 per kopie) en Nadia sal daar wees om die boeke spesiaal te teken.

Dit alles, in trotse samewerking met NB-uitgewers, Lux Verbi, Graffiti Books, Follicle Hair Atelier, HSC, VRT en Talent-etc artist management.

Back To Top
%d bloggers like this: