skip to Main Content
5 Inspirerende Films Vir Vrouemaand

Augustus is Vrouemaand en wat kan nou beter wees as om dié maand te vier met ’n goeie film.

 In die verlede was vroue meestal gesien as ondersteunende rolle in films. Vandag tree vroue in die kollig in en neem Hollywood op horings. #LiefsteBELLA deel vyf móét sien vroue films vir Vrouemaand.

Hidden Figures

’n Film wat jou beslis sal inspireer om te lewe tot jou volle potensiaal. Hidden Figures, gebaseer op die boek met dieselfde titel, handel oor drie wiskunidge dames wat by NASA werk. Dit speel af in ’n tyd waar vroue gesien was as onderdanig aan mans. Maar dit keer nie die drie dames nie.

Wonder Woman

Dit mag dalk bietjie cliché klink, maar hoekom dan nie. Wonder Woman, ’n film deel van die DC Heelal, is ’n superhero film soos geen ander. Dit het behoorlik die ‘manlike genre’ op sy kop gedraai en alle grense gebreek. Jy vind dalk net jóú innerlike Wonder Woman…

Legally Blonde

’n Gunsteling! Wie ken nou nie dié ikoniese film nie. Legally Blonde is beslis ’n vroue vegter film. Dit breek die blonde poppie sterotipe en maak die punt dat vroue kan mooi lyk en slim wees. Dit is en was nog nooit ’n either-or opsie nie.

Miss Congeniality

Onthou jy vir Gracie Lou Freebush? Wie kan haar vergeet? Die ikoniese make-over toneel, baton dansie en natuurlik die aksie. Sandra Bullock het ons almal se harte gesteel en klein dogtertjies laat droom om eendag self vir die FBI te werk.

Bend it like Beckham

An oldie but a goodie! Jess kom uit ’n tradisionele Indiese familie, waar ’n sokkerster nie op die lys van loobaankeuses is nie. Sy breek die reëls om haar droom te volg en sokker te speel soos haar held, David Beckham.

Hierdie is maar net ’n paar van ons gunstelinge, wat is joune? Deel met ons by @bellamag_sa.

Back To Top
%d bloggers like this: