skip to Main Content
Working 9 To 5: Musiek En Jou Produktiwiteit By Die Werk

Dolly Parton het geweet waarvan sy praat in haar ikoniese liedjie, 9 To 5, en ons het al almal gevoel of ons baie hard werk, maar niks gedoen kry nie.

Dit is wetenskaplik bewys dat sommige musiek genres, soos klassieke musiek, ’n mens kan help om te fokus en om meer effektief te werk, maar dit is gelukkig nie beperk tot dié genre nie.

Volgens Entrepreneur luister 7% mense klassieke musiek, 12% elektroniese musiek, 18% rap, 26% rock en die oorblywende 35% luister graag pop musiek by die werk. Buiten die feit dat oorfone vir kollegas ’n teken is dat jy nie gepla wil word nie, kan die ritme van die musiek jou help om teen ’n gemaklike pas jou werk te doen.

Musiek kikker onmiddelik ’n mens se dag op en dit verbeter ’n mens se bui terwyl dit jou help om te vergeet van die tyd wat verbyloop omdat jy meer gefokus is.

Herhalende take kan ’n mens teen die berge uitdryf, maar met musiek in jou ore, gaan dit voel of dit baie vinniger verbygaan. Daar is baie afleidings in die werksplek wat jou daarvan kan weerhou om jou beste te doen, maar omdat musiek mens help om te fokus, skakel dit baie daarvan uit.

Laastens prikkel musiek jou kreatiwiteit wat jou kan help met probleemoplossing en kreatiewe take.

Vyf liedjies om te luister terwyl jy werk:

  1. Dolly Parton – 9 To 5
  2. Hall of Fame – The Script
  3. Survivor – Eye of the Tiger
  4. Journey – Anyway You Want It
  5. Daft Punk – Harder, Better, Faster, Stronger

 

Saamgestel deur: Zara Steyn
Bron: Entrepreneur
Foto’s: Shutterstock

Back To Top
%d bloggers like this: