skip to Main Content
Vries Jou Inbox

Is jy een van daai wat eerder sal emails lees, as om jou werk te doen? BELLA het raad!

Met al wat ’n besigheid is wat jou deesdae smeek om in te teken op hul nuusbriewe, jou baas wat vele (soms nuttelose) e-posse stuur en daai tannie van jou wat enige oulike kat-video forward, raak jou inbox so vol dat jy nie op jou werk kan konsentreer nie. Die konstante “ping” wat jou aandag aftrek is net te veel.

BELLA het nuttige wenke en tegnologiese hulp wat jou kan help om op jou #GirlBossGoals te konsentreer:

Tyd vir ’n pause

Inbox Pause is ’n app wat jy kan gebruik om die stroom van e-posse wat jou elke dag bombardeer te beheer. Jy kan die tye stel wat jy e-posse ontvang, sodat jy byvoorbeeld slegs twee maal per dag na jou e-posse hoef te kyk.

Onmiddelike aksie = stresvrye reaksie

Antwoord elke e-pos wanneer jy dit lees – moenie enigiets uitstel tot more indien jy dit vandag al kan doen nie. In besigheid is dit belangrik om ten minste binne 48 uur te antwoord.

Leêrs is jou vriend

Maak leêrs vir die belangrikste afdelings van jou werk en lewe. Liasseer alles wanneer jy daarmee klaar is.

Spertyd!

Maak een leêr jou deadline-folder. Noem hom “antwoord teen XX Datum” en stoor e-posse waaroor jy eers wil dink daarin. Stel dan vir jou ’n herinnering op jou foon en takel al daai e- posse op daardie dag. Maak een datum per maand jou deadline.

Unsubscribe

Dis belangrik! Neem een maand en druk die “unsubscribe”-knoppie sodra enige promosie e-posse inkom.

Tel tot by sestig

Die een-minuut reël is belangrik. As dit slegs een minuut gaan neem om te antwoord, doen dit! Jy sal sommer binne ’n week resultate sien.

Wat is jou strategie met ’n te vol, of te besige inboks?

 

Bronne: forbes.com, lifehack.org, entrepreneur.com

Back To Top
%d bloggers like this: