skip to Main Content
Maak Geld Met Jou Stokperdjie

Daar is ’n gesegde wat sê dat wanneer jy lief is vir wat jy doen, jy nie ’n dag in jou lewe sal werk nie. Baie suksesvolle entrepreneurs het ’n loopbaan van hul stokperdjie gemaak, maar dit verg baie harde werk.

As jy daaraan dink om geld met jou stokperdjie te maak, moet jy gemotiveerd en passievol wees, want dit gaan nie oornag gebeur nie. Hier is ’n paar dinge wat jy moet ingedagte hou as jy dié pad wil stap.

1. Klein treë

Om ’n besigheid te begin kos geld daarom moet jy reeds kapitaal hê om mee te begin. Dis ’n goeie idee om klein te begin met minder risiko’s, maar soos wat die besigheid groei, kan jy geld belê om uit te brei. Dit is ook belangrik om te onthou dat alle inkomste nie noodwendig wins is nie.

2. Leer die mense in die indsutrie ken

Sosiale media soos Facebook, Pinterest en Instagram het dit maklik gemaak vir mense met dieselfde belangstellings om mekaar te leer ken. Wanneer jy besluit om jou stokperdjie jou loopbaan te maak, gaan dié mense wat reeds in die industrie gevestig is baie handig wees. Hul kan besigheidsadvies deel of jy kan mededingers dophou om hul met jou besigheid vergelyk.

3. Plan van aksie

Marknavorsing en ’n besigheidsplan behoort elke entrepreneur se eerste prioriteit te wees. Dit is noodsaaklik om vas te stel waar die besigheid in die gemeenskap pas, die besigheid se einddoel en wat jy as besigheidseienaar gaan doen om die besigheid se doelwitte te bereik. Dit is elke jong vrou se droom om te doen waarvoor sy lief is, maar wat almal nie besef nie is dat dit baie deursettingsvermoë en beplanning vat om jou stokperdjie jou loopbaan te maak.

 

Geskryf deur: Zara Steyn
Foto’s: Shutterstock
Bron: The Balance Career

Back To Top
%d bloggers like this: