skip to Main Content
Lees Kan Jou Loopbaan Verbeter

Ons almal weet dat lees kinders se wêreld verryk, maar het jy geweet dat dit jou grootmenslewe ook kan verbeter?

Daar is duisende goeie boeke op die mark en daar is so ’n groot verskeidenheid van genres, dat niemand kan sê dat hulle nie van lees hou nie. Lees verbeter kognitiewe funksie, jou geheue en dis ’n lekker onstpanningsmiddel. Lees kan jou help om meer suksesvol en tevrede in jou professionele- en persoonlike lewe te wees.

#LiefsteBELLA het ’n lys opgestel van die top vier maniere hoe lees jou lewe kan verander:

  1. Om ’n boek te lees verg baie fokus en konsentrasie en hoewel dit aanvanklik moeilik is om te doen sal dit oor ’n lang tydperk jou aandagspan verbeter.
  2. Om gereeld fiksie te lees, verbeter jou verbeelding wat jou denkwyse oor alles van vriendskappe tot probleemoplossing en uitdagings in die werksplek verbreed.
  3. Lees is ’n groot bron van vermaak en ontspanning. Deur rustig te gaan sit en ’n boek te lees, kan jy vir ’n oomblik of twee ontsnap van die werklikheid en terselfdertyd raak jou hartklop stadiger en jou spiere ontspan.
  4. Lees kan ook jou geheue verbeter en versterk. Net soos met ons liggame het ons brein ook oefening nodig en mense wat gereeld lees kan beter op lang- en korttermyn onthou.

 

Bron: Why to Read 

Back To Top
%d bloggers like this: