skip to Main Content
Laat WhatsApp Vir Jou Besigheid Werk

WhatsApp is ’n maklike en goedkoop manier om met vriende en familie te gesels, maar baie mense gebruik die app vir besigheidsdoeleindes.

WhatsApp het onlangs ’n ‘WhatsApp Business App’ op Android-slimfone  bekendgestel om jou lewe makliker te maak.

Die gratis app is gemaak om klein besighede te help om met kliënte te kommunikeer en om verkope georganiseerd te hou. Jy kan vir jou besigheid ’n professionele besigheidsprofiel skep waarvan jy alles kan bestuur. Dié app kan jou help om jou persoonlike en professionele gesprekke van mekaar te skei en om ’n mate van geloofwaardigheid aan jou besigheid te gee.

Foto: Shutterstock

1. Organisering van kliënte

Dié WhatsApp laat jou toe om kliënte te organiseer volgens etikette soos ‘reeds betaal’ of ‘betaalbaar’ wat jy self kan skep om op hoogte van sake te bly.

2. Outomatiese boodskappe

Jy kan outomatiese boodskappe stel wanneer jy nie by jou slimfoon is nie om kliënte in te lig wanneer jy sal reageer. Jy kan ook uit ’n lys van gereelde antwoorde kies om op algemene vrae vinnig te antwoord om jou tyd te bespaar.

Die ‘WhatsApp Business App’ is slegs beskikbaar op Android en jy kan dit op PlayStore of  WhatsApp se webtuiste aflaai.

 

Bron: whatsapp.com/business/

Back To Top
%d bloggers like this: