skip to Main Content
Is Jou Werk ’n Bloeddruk Booster?

Druk jou werk jou bloeddruk tot in die rooi? Jy is dalk nie alleen nie!

Jy mag dalk dink dat die beroep wat jy gekies het jou meer stres as ander sin besorg, maar ’n studie deur The Job Network het die 10 mees stresvolle beroepe wêreldwyd geïdentifiseer. Hierdie beroepe het die volgende in gemeen: ernstige spertye, interaksie met ander, reis, omgewingstoestande, fisiese risiko’s en uitdagings, gevare en interaksie met die publiek.

Dus is die top tien stresvolle beroepe die volgende:

  1. Militêre personeel
  2. Brandweermanne
  3. Vlieëniers
  4. Polisiemanne
  5. Event planners
  6. Senior Korporatiewe Bestuurders
  7. PR-execs
  8. Uitsaaiers, spesifiek dié wat op live shows is
  9. Nuuslesers
  10. Taxi-bestuurders

Dink ook aan die geestesgesondheid-aspek van sekere beroepe – sommige beroepe is beter vir jou siel as ander – en dit het nie net te doen met hoe jou baas jou hanteer nie! Volgens die werwingsmaatskappy Pro Sorcing, het die pro-geestesgesondheidsmaatskappy Pharma Dynamics ’n opname onder 2000 Suid-Afrikaanse werknemers gedoen. Hierdie opname het ten doel gehad om werkstres teen sekere stres-triggers te meet. Hierdie triggers sluit in die fisiese en geestelike eise van die werk, reis-vereistes, spertye, konflikresolusie, blootstelling aan openbare druk en spesifieke risiko’s wat op spesifieke beroepe van toepassing is. Hulle het ook gekyk na vergoeding teenoor dag-tot-dag-stres en die uitslae is heel interessant!

Gemeet aan die faktore hierbo genoem is dié beroepe die mees stresvol, maar met goeie vergoeding:

  1. Vlieënier
  2. Haarkapper
  3. Boer
  4. Filmregisseur
  5. Verpleegster
  6. Polisieman
  7. Korporatiewe bestuurder
  8. CEO
  9. Dokters
  10. Musikante (dié wat dit maak in die bedryf, natuurlik!)

En in hierdie beroepe word jy uitstekend betaal, maar die stres is heelwat minder:

  1. Chemiese tegnikus
  2. Koswetenskaplike
  3. Wiskundige
  4. Ekonoom
  5. Statistikus
  6. Biomediese ingenieur
  7. Landbou ingenieur
  8. Fisikus
  9. IS- (Informasie sisteem) bestuurder
  10. Aktuaris

Volgens die studie is die salarisse wat gebruik is as gemiddelde salarisse aangedui deur Payscale, Mywage en StatsSA se data. Wêreldwyd lyk die data ietwat anders, met The Occupational Information Network (ONE) wat die minste stresvolle werke lys met modelle, tegnici, plaaswerkers, koeriers en verkoopsmense wat die lys haal.

 

Bronne: prosourcing.co.zathejobnetwork.com

Back To Top
%d bloggers like this: