skip to Main Content
Is Emigrasie Die Antwoord?

Dit word deesdae om elke braaivleisvuur bespreek. Daai “e”-woord wat ouers vrees hul kinders gaan sê, en dan gaan almal se lewens verander…

Emigrasie is nie vir sissies nie – emosioneel is dit nie maklik vir die wat landuit gaan nie, ook nie vir die wat agterbly nie! Maar sonder om nou emosioneel te raak… Wat gebeur met jou beroep as jy emigreer?

Emigrasie spesialiste is dit eens – kyk mooi na jou beroep (en alle vertakkings van jou beroep) voordat jy besluit om ’n skuif te maak. Nie alle lande aanvaar mense in alle beroepe nie, en jy sal dalk in ’n ander veld moet gaan werk indien jy na ’n spesifieke land wil emigreer. Daar is baie lande wat op ’n punte-sisteem werk, en as jy en jou beroep te min punte het, dan dop jy die emigrasie-toets.

Gaan ook noukeurig al die syfers na – die gras lyk dalk groener aan die ander kant, en jy gaan dalk Ponde, Dollars of Euro’s verdien, maar wat is jou lewenskoste daar anderkant? Daar is vele stories van mense wat teruggekom het oor hul nie dieselfde lewenskwaliteit “aan die ander kant” kon hê as wat hul in Suid Afrika het nie – doen jou navorsing en maak seker jy weet waarvoor jy jou inlaat.

Vra jouself die volgende vrae:

  • Emigreer ek vir veiligheid/werksekuriteit/beter lewenskwaliteit/’n hoër salaris?
  • Gaan ek my beroep in die spesifieke land kan beoefen?
  • Erken die land my graad en sal ek ’n werksvisum kan kry?
  • Gaan my partner en familie visums kan kry?
  • Sal ek my familie/die wat agterbly ooit kan sien? (neem reiskostes, jou ouers se gesondheid en “travel-ability” in ag)

 

Daar is verskeie maatskappye wat jou kan help om hierdie vrae te beantwoord voordat jy die finale besluit neem – hetsy jy in Kanada, Qatar of Timboektoe wil gaan bly, en ’n vinnige Google-soektog sal jou op die regte spoor sit.

Back To Top
%d bloggers like this: