skip to Main Content
BELLA Tydskrif: Vakante Pos Vir Videograaf

Salaris: Onderhandelbaar

Area: Rivonia, Johannesburg

Kwalifikasie: Diploma

Posvlak: Junior

’n Geleentheid bestaan vir ’n energieke en kreatiewe videograaf om deel te raak van die span van ’n media platform. Ons is opsoek na iemand wat ervaring in die bedryf het, en lief is vir ’n uitdaging. Hierdie pos is ’n fantastiese geleentheid vir ’n uitnemende individu wat entoesiasties, energiek en selfversekerd is en hul loopbaan ’n hupstoot wil gee.

Vereistes

Die suksesvolle kandidaat moet oor die volgende beskik:

  • Diploma/ Kwalifikasie in fotografie of videografie.
  • Portefeulje van vorige werk word vereis.
  • Strategiese denke.
  • Kreatiewe uitkyk.
  • Hoë energievlakke, ’n wil om te leer en die inisiatief om die ekstra myl te loop.
  • Kennis van Adobe After Effects, Photoshop, InDesign of soortgelyke programme.
  • Belangstelling in “start-up”-besighede.

Sleutelvaardighede

  • Content creation
  • Videografie
  • Fotografie
  • Editing

Stuur asseblief jou CV en portefeulje na info@bellamagsa.com.

Indien jy nie binne twee weke van ons af hoor nie, kan jy jou aansoek as onsuksesvol beskou.

Back To Top
%d bloggers like this: