skip to Main Content
Begin Jou Eie #GirlBoss Besigheid | Deel 3

Dis makliker as ooit om jou eie aanlyn-besigheid te begin!

In die vorige twee artikels het ons gekyk na van die basiese beginsels om jou aanlyn besigheid op die been te bring. Vandag kyk ons na wat jy kan doen nadat jou webwerf up- and-running is! Volg hierdie basiese stappe en kyk hoe jou #GirlBoss besigheid floreer!

5. Bou ’n ekspert-reputasie vir jouself

Mense gebruik die internet om inligting te vind. Indien jy ekspert opinies en informasie aan ander webwerwe bekendstel, sal dit verkeer na jou webwerf toe lok. Die geheim is dat geen brokkie inligting van jou kant af sonder jou webwerf se adres mag wees nie.

  • Gee verniet, ekspert inhoud weg. Skep inhoud (artikels, video’s, ens.) wat mense nuttig sal vind. Versprei daardie inhoud deur sosiale media of ander bruikbare kanale.
  • Voeg ’n “stuur-vir-’n-vriend”-skakel op alle waardevolle inhoud op jou webwerf.
  • Word ’n aktiewe ekspert op industrie-forums en sosiale netwerke waar jou teikenmark uithang.
6. Volg op met kliënte deur middel van e-pos en nuusbriewe.

Wanneer jy ’n opt-in lys bou, skep jy een van die mees waardevolle bates vir jou aanlyn-besigheid. Jou kliënte gee vir jou toestemming om hul meer te vertel van jou produk. Dit beteken:

  • Jy gee vir hul iets waarvoor hulle gevra het.
  • Jy bou ’n verhouding met daardie kliënte.
  • Die terugvoer is 100% meetbaar.
  • E-posbemarking is goedkoper en meer effektief as drukmedia, televisie en radio, want dit is ’n kolskoot na dié wat klaar geïnteresseer is in jou produk.

Foto: Shutterstock

7. Verhoog jou inkomste met lewenslange kopers en “upselling”.

Een van die mees waardevolle aanlyn-bemarkingstrategieë is om elke kliënt se leeftydwaarde te ontwikkel. Navorsing bewys dat ten minste 36%van dié wat al by jou gekoop het, weer by jou sal koop indien jy opvolg. Die eerste koop is die moeilikste, maar met ’n goeie opvolgstrategie is die tweede en derde koop makliker.

  • Bied produkte aan wat hul eerste koop komplementeer.
  • Stuur elektroniese lojaliteits-koepons uit wat hul met die volgende koop kan gebruik.

Wanneer kliënte vir hul lojaliteit vergoed word, sal hul selfs meer lojaal teenoor jou produk/diens word.

’n Besigheid wat aanlyn woeker gee vir jou die voordeel dat mense buite “gewone” besigheidsure jou produkte kan koop – wat dus beteken dat jy selfs geld kan maak terwyl jy slaap. Dink dus mooi aan watter gapings jy in die mark raaksien, en vul daardie behoefte met jou produk. Deesdae is dit nie net wat jy verkoop nie, maar hoe jy dit verkoop – jou sosiale media profiele en bemarkingstrategie moet on point wees! Hierdie strategie klink dalk basies – maar as jy dit doelgerig volg, en elke jaar of wat teruggaan en weer implementeer, sal jy nie spyt wees nie!

Lees: Begin jou eie #GirlBoss besigheid | Deel 1

Bonus!
Op Big Commerce se webwerf is daar ’n interessante pdf-boek wat jy kan aflaai wat jou deur al die stappe neem om jou eie e-commerce webwerf te begin.

Waarvoor wag jy – jy is dalk die volgende #GirlBoss in Suid-Afrika!

 

Bronne: thebalancesmb.comentrepreneur.comiwillteachyoutoberich.comdigital.combigcommerce.com

Back To Top
%d bloggers like this: