skip to Main Content
8 Maniere Om Meer Produktief Te Wees

Ja, ons almal ken die struggle! Dis winter en dis koud. Jy sukkel om uit die bed uit te kom en dit vat méér as net ’n koppie koffie om jou ’n hupstoot vir jou dag te gee.

Hier is 8 maniere om te verseker dat jy meer produktief sal wees. Dit gaan bietjie selfdissipline verg, maar dit gaan verseker die moeite werd wees.

Foto: Shutterstock

  1. Jy en jou alarm is alewig in ’n geveg en die snooze-knoppie red jou lewe (of is die oorsaak dat jy alweer laat is vir werk!) Probeer dalk om steeds die snooze-knoppie te druk wanneer jou alarm afgaan, maar sê dan vir jouself jy moet opstaan. Wanneer die wekker dan vir ’n tweede maal afgaan beteken dit jy mag weer terugklim in jou bed. Probeer dit!
  2. Maak seker jy weet hoeveel tyd jy aan sekere take spandeer en stel vir jouself ’n doelwit. Sê byvoorbeeld vir jouself jy het net ’n X aantal minute om e-posse te beantwoord in die oggend.
  3. Sê nee vir onnodige vergaderings.
  4. Stel vir jouself ’n lys van doendinge vir die dag op en bly daarby!
  5. Moenie probeer om 10 dinge op een slag te doen nie. Doen ’n taak, handel dit 100% af en beweeg na die volgende taak.
  6. Is jy ook een van daardie mense wat meer as 10 tabs op ’n slag op jou rekenaar oop het? Lees weer nr.5! Begin iets en maak dit klaar en in hierdie geval moet jy onthou om die tab ook toe te maak. 😉
  7. Facebook, Instagram stories en Snapchat filters gaan jou nie help om jou werk effektief af te handel nie. Los eerder maar die sosiale media vir wanneer jy ’n breuk neem.
  8. Onthou om gereelde en kort breuke te neem. Jou brein het ook ’n ruskans nodig. Dit is eintlik heel eenvoudig – werk hard, speel hard!

 

Bronne:
Rampton, J. 2018. 15 Ways to increase productivity at work. www.inc.com
Sharma, R. 2018. 21 Ways to become the most productive person you know. www.robinsharma.com.

Back To Top
%d bloggers like this: