skip to Main Content
Wees ‘n #girlboss Met Die Wenke

Daar is 24-uur in jou dag en jy moet prioritiseer. Volgens Anna Runyan gaan jy nooit jou droomwerk kry, as jy heeltyd voel asof daar nie genoeg tyd in jou dag is nie. 

Om sodoende jou loopbaan te bevorder, moet jy die #boss van tydsbestuur wees. Hierdie artikel gaan jou help dat jou to-do lysie jou gelukkig, in plaas van gestres maak.

12 Gewoontes van Anna Runyan om suksesvol te wees:

  1. As jy nie een of ander plan het nie, gaan jou kalender jou beheer – jy moet presies weet hoe laat en wanneer jy wat gaan doen.
  2. Stel grense vir sosiale media, familietyd en persoonlike tyd. Maak seker dat jy soms jou foon wegbêre. Kuier Sondae saam met jou familie en maak tyd vir jouself. Probeer om minstens vir 30minute per dag sonder tegnologie klaarkom.
  3. Kategoriseer jou take. Dit klink eenvoudig, maar tog doen ons dit nie. Skryf al jou take neer. Omkring dan die take wat die belangrikste is en wat sal sorg dat jy promote word of ’n verhoging kry. Onthou ook om tyd te maak vir jou administratiewe take.
  4. FOKUS! Sit op jou stoel en doen jou werk sonder onderbrekings. Het jy geweet dat elke keer wanneer jy onderbreek word, dit jou weer 15minute vat om weer heeltemal gefokus te raak? Begin met ’n taak en handel dit af.
  5. Jou kalender beheer nie jou lewe nie. Volgens Gay Hendricks is Einstein-tyd die oplossing – dit beteken dat jy beheer neem oor jou tyd. Jy moet jouself herinner dat jy in beheer van jou tyd is.
  6. Dissipline en loopbaandoelwitte. Jy moet jouself herinner om gedissiplineerd te bly gedurende stresvolle tye by die werk en kies om altyd hard te werk – al wil jy laat slaap of net tou opgooi.
  7. Oefen die pareto. Die pareto beginsel verduidelik dat 20% van jou insette 80% van jou resultate is. Fokus op die 20% wat vir jou die resultate sal gee wat jy soek.
  8. Wees selfsugtig met jou tyd. Jou loopbaan is nou belangrik en noodsaaklik. Jy moet selfsugtig wees met jou tyd en fokus op jou werk.
  9. Begin jou oggendroetine reg. Die grootste fout wat mense maak is om dadelik na hulle e-posse te kyk wanneer hulle wakker word. Begin jou dag deur te reflekteer, te beplan, te bid en stil te wees.
  10. Wat is jóú tyd? Ons almal verskil en jy ken jouself. Besluit watter tyd is jy die meeste produktief en werk hard in daardie tyd.
  11. Word vroeër wakker. Om vroeg op te staan, meer ure in jou dag te hê en lekker vars te dink – is ’n goeie begin in die regte rigting van sukses.
  12. Een ding op ’n slag. Fokus op een ding en maak dit klaar.

Reflekteer Vrydae oor jou week en RUS! As jy werk, dan werk jy hard en as jy rus, dan rus jy ten volle!

Geskryf deur: Lizanne Theron 

Foto’s: Pixabay

 

Back To Top
%d bloggers like this: