skip to Main Content
Vermy Finansiering Fiasko’s

Jou motor is nie ’n belegging nie. Inteendeel, die waarde van ’n voertuig verminder elke dag. Wanneer jy ’n motor wil aanskaf, moet jy nie tot op die laaste nippertjie wag om aansoek te doen vir finansiering nie. Die volgende inligting mag van waarde wees tydens die aankoop van jou volgende motor.

Die luukse daarvan om ’n kar te besit in Suid-Afrika, is sinoniem met vryheid – jy gaan waarheen jy wil, wanneer jy wil. Dit is nou as jy daarvoor kan betaal, natuurlik… Freedom ain’t free, after all. Motors, selfs die goedkoopste van die lot, is duur. ’n Skedonk wat jou twee keer ’n maand in die steek laat, gaan jou kos, maar ’n snazzy een, met leer- en verhitte sitplekke, gaan jou nog meer uit die sak jaag

Onthou!

  • Jy betaal nie net ’n paaiemnet op jou motor nie! Reken die volgende maandelikse uitgawes by jou begrotingsbedrag in:
  • Brandstof
  • Instandhouding
  • Sekuriteit (soos ’n tracker)
  • Versekering

Wyse woorde

Morgan Housel, ’n gereelde skrywer vir The Motley Fool (’n webtuiste wat beleggers op hoogte hou van aandele en finansiële besluite) sê:

Die beste manier om geld te spaar is om goeie keuses te maak. Die drie grootste uitgawes in jou volwasse lewe is die aankoop van ’n huis, motor en jou studies. Jy dink dalk jy spaar geld deur elke dag ’n kospakkie werk toe te neem en ook nie ’n cappuccino te bestel nie, maar hierdie besparings is kleingeld teenoor wat jy spandeer aan die bogenoemde uitgawes.

Housel beklemtoon dat as jy meer spandeer as wat jy kan bekostig op jou huisverband, karlening en studiebeurs is dit moeiliker om besparings op te bou en om beleggings te onderhou. Sy advies is om net 10% van jou jaarlikse inkomste aan ’n motor te spandeer. Die probleem is dat meeste van ons egter natural born spenders in plaas van bespaarders is. Ons moet onsself gereeld daaraan herinner om meer toekomsgerig te wees, in plaas daarvan om te fokus op die nóú.

Bring die volgende dokumentasie saam as jy ’n motor wil koop:

  • Laaste betaalstrokie
  • Laaste drie maande se bankstate
  • Geldige Suid-Afrikaanse Identiteitsdokument
  • Bewys van residensiële adres

Die volledige artikel is op bl.94 in jou nuutste BELLA Tydskrif. Jy kan jouself baie uitgawes en trane spaar as jy hierdie artikel in detail lees en verstaan. Daar is geen rede dat ons as vroue nie ook alles van karre kan weet nie en met Carly Bailey Natasen as ons karredakteur, sal jy ingelig bly!

Geskryf deur: Carly Bailey Natasen 

Foto: Pixabay

Back To Top
%d bloggers like this: