skip to Main Content
Travel Met Diarree

Vraag: Wat is travel diaree? Ons familie beplan ’n roadtrip Kaapstad toe. Ek lees oral van die gevare van “travel diarree.” Wat is dit? En hoe kan ons dit voorkom?

Antwoord: “Travel-junkies – diarree is soos die term dit beskryf: diarree tydens ’n vakansie.

Dit word meer algemeen gesien in mense wat oorsee reis. Dit is ’n infeksie van die spysverteringskanaal wat meestal deur bakterieë veroorsaak word, maar virusse of parasiete kan dit ook veroorsaak. Oorsake is meestal besmette kos en water. Die diarree gaan gewoonlik gepaard met maagkrampe, koors, lyfseer naarheid en braking.

Voorkom dit so:

  • Koop gebottelde water.
  • Vermy vreemde kossoorte.
  • Hou altyd jou noodhulpkissie byderhand.
  • Neem ’n daaglikse aanvulling probiotika.

En nou is jy merke, gereed, reg vir vakansie!

*Follow ons op Instagram by @bellamag_sa.

Geskryf deur: Helene van der Merwe 

Foto’s: Pixabay

Back To Top
%d bloggers like this: