skip to Main Content
Wees Versigtig Vir Net Weggooi!

Wat gebeur met tech wat jy weggooi, weggee of verkoop?

Om nuwe tech-kopies huis toe te bring is altyd heerlik, en die versoeking is groot om sommer net jou ou goed weg te gee, in die drom te gooi of te verkoop, maar dink mooi – daar is verskeie redes hoekom ons teen dit sal waarsku.

Eerstens is tegnologie soos jou selfoon en rekenaar gevul met toksiene, soos arseen, lood en kadmium. Indien hierdie toksiene begin lek op die ashoop, kan dit baie nadelig wees vir plante, diere en mense.

’n Ander goeie rede om nie jou tech weg te gooi nie, is dat dit verseker dat jou persoonlike informasie, persoonlik bly. As jou data in die verkeerde hande beland gaan jy groot probleme hê.

Hier is drie opsies wat jy kan oorweeg:

Herwin

Indien jy voel dat jy regtig nie meer jou tech gaan benodig nie, is dit wys om dit professioneel te laat “skoonmaak” – sodoende weet jy dat jy geen spoor agtergelaat het wat eendag probleme vir jou kan veroorsaak nie. Gaan hoor by die winkel waar jy jou selfoon aangeskaf het – baie van hulle lewer hierdie diens, en sal dalk selfs vir jou krediet gee op die nuwe model, indien jy die ou een inruil.

Herdink

Net oor jou ou foon nie meer ’n sim-kaart het nie, beteken nie hy is nikswerd nie. Jy kan byvoorbeeld jou ou foon inspan as baba-monitor,

Verkoop

As jy regtig die geld benodig, verkoop slegs jou foon as jy dit deur ’n pro laat “wipe” het! Ons het jou gewaarsku. Aanlyn-markte soos Facebook Marketplace en Gumtree maak hierdie tipe transaksies maklik.

Skenk

Indien jy jou ou foon of X-Box wil skenk, geld dieselfde stappe eers. Daarna kan jy by ’n hospitaal of nie-winsgewende organisasie gaan hoor of iemand jou produk benodig.

Identiteitsdiefstal is baie makliker as wat jy dink – moenie in die strik trap nie!

 

Back To Top
%d bloggers like this: