skip to Main Content
Wees Versigtig Aanlyn

Om jou aanlyn profiel te beskerm raak nou belangriker as ooit. Liefste BELLA gee dié maand raad oor hoe om te werk te gaan.

Miljoene Suid-Afrikaners het ’n aanlynteenwoordigheid – meeste van ons begin ons dag deur gou op Facebook, Twitter en Insta te loer, maar baie mense besef nie dat die hoeveelheid data wat hul aanlyn deel, hul in gevaar kan stel nie.

Cell C se hoof kommersiële bestuurder, Juniad Munshi sê: “Suid-Afrikaners moet die gevare van die deel van sekere inligting aanlyn, verstaan. Jou nommer een prioriteit moet jou veiligheid wees.”

Hier is ’n paar #BELLAwenke om cybersafe te wees:

  1. Check in

Tensy jy wil hê dat iemand jou moet vind, vermy dié funksie.

  1. Foto’s is nie altyd veilig

Vermy die plaas van foto’s van jou huis, kinders en diere – dit kan potensieel gevaarlik wees en te veel oor jou doen en late weergee.

  1. Sit jou geotagging af

Dié funksie wys jou ligging uit. Dit is verstandig om dit uit te skakel.

  1. Kyk na jou vriende

Jou lys van vriende op sosiale media moet slegs mense wees wat jy persoonlik ken! Om vreemdelinge toegang te gee tot jou profiel kan baie gevaarlik wees.

  1. Privaatheidstellings

Hou altyd dié stellings op die mees ekstreme kant – sodat slegs jou vriende jou profiel kan sien. Jy kan ook sekere foto’s privaat hou. Kyk so nou en dan na elke sosiale platform se stellings, dit verander nogal gereeld.

  1. Wagwoorde

Dis slim om “dual-authentification” te gebruik om in te teken op enige profiel – sodoende is dit moeiliker vir iemand anders om toegang te verkry tot al jou inligting.

  1. Steek jou kontakte weg

Daar is geen logiese rede vir ander om te weet met wie jy vriende is nie. Hou dit geheim en beskerm jouself en ander.

  1. Sluit dit toe!

Vir ’n ekstra laag sekuriteit kan jy ’n firewall en veiligheidsagteware installeer.

  1. Wees versigtig

Kyk mooi na wat jy aanlyn deel, wie jy tag en die detail wat jy deel. Nie net kan ander dalk hul informasie en foto’s privaat wil hou nie, jy kan hul regte benadeel. 

 

Bronne

www.cellc.co.za

www.reputationdefender.com

www.keepsafeonline.org

Back To Top
%d bloggers like this: