skip to Main Content
Wat Word Van Jou Facebook As Jy Die Emmer Skop?

Facebook het twee hoofopsies wat jy kan oorweeg voor die onvermydelike met jou gebeur.

In ’n oogwink kan alles verander, maar Facebook het spesiale funksies vir profiele van mense wat afgesterf het sodat geliefdes hul steeds kan onthou. Die sosiale media platform kan jou geliefdes help om spesiale herinneringe lank na jou dood steeds te deel indien jy jou wense duidelik maak in jou Facebook settings voor jou dood.

Jou twee hoofopsies is om ’n legacy contact te kies wat jou bestaande Facebook profiel bestuur of jy kan jou profiel laat skrap wanneer jy sterf.

Indien jy ’n geliefde as ’n legacy contact kies, sal jou Facebook profiel na ’n gedenkprofiel verander. Dit beteken dat dit ’n plek sal bied vir vriende en familie om herinneringe te deel nadat ’n persoon oorlede is.

Indien jy kies om jou Facebook profiel heeltemal te skrap beteken dit dat dit permanent verwyder sal word, so dit is beter om twee keer te dink voordat die opsie oorweeg word.

Besoek gerus Facebook vir meer inligting. Jy kan daarop ook ’n legacy contact aanwys of die opsie kies om jou Facebook profiel na jou sterfte te skrap.

As ’n alternatief kan geliefdes ’n spesiale bladsy of groep vorm om jou te onthou.

 

Bron: Facebook 

Back To Top
%d bloggers like this: