skip to Main Content
Totally Tech-y: Girls In Tech

Daar is ’n groep vroue wat die tech-wêreld op sy kop draai, nuwe tendense skep en tech pret maak vir almal. Ontmoet hulle hier!

Gedink tech-dinge is net vir mans? Dink weer! Daar is vroue wat #Girlbosses is in die tech wêreld. En het ons genoem dat hul super inspirerend is?

Tech Girl

Sam Wright se blog wys jou die pret van “geek”-wees. Sy en haar mede-skrywers skryf oor alles van gaming en gadgets en jy sal hope tech-inspo daar vind. Hulle doen lekker navorsing, resensies en gee sommer life hacks ook. Lekker! 

Afro Tech Girls

Ons het meer vroue in STEM (Science, Technology, Engineering, Maths) nodig en by Afro Tech Girls is dit presies wat hulle mikpunt is – om jong vroue te bemagtig om in hierdie velde betrokke te raak. Hul fokus is meestal op Nigerië en jy kan help deur betrokke te raak en bewustheid te skep. 

Girls in Tech

Hierdie wêreldwye non-profit werk aan geslagsgelykheid in high-tech industrieë en startups. Hulle inspireer en onderrig vroue wat passievol is oor tegnologie. Hul bied coding werkswinkels en hackathons aan en hul startup-kompetisies is pret! Hierdie is ’n gemeenskap van vroue wat kán! Die GIT globale gemeenskap het 61 764 lede in 32 lande en elke land se “chapter” bied ondersteuning en inspirasie aan sy lede. 

Tech Needs Girls

Die Verenigde Nasie se agentskap vir ICT (informations and communication technologies) glo dat ICT almal se lewens en werke beïnvloed – en met die toekoms wat konstant deur tegnologie verander word, is ’n loopbaan ICT dalk die beste pad om te volg. Hier help hul vroue van alle ouderdomme om hel tech-droom te bewaarheid. 

As jy dus gedink het dat alle tech beroepe boring en geeky is, dink weer!

Back To Top
%d bloggers like this: