skip to Main Content
KonMari Jou Komper

Die wêreld is obsessed met Marie Kondo en ons ruim op en gooi weg, maar wat gebeur met jou digital clutter?

KonMari, die opruim en declutter-metode van Marie Kondo het in 2018 weer vlamgevat – daar is selfs nou ’n Netflix-reeks oor haar metode. Mense is ook deesdae meer ingestel op ervarings eerder as besittings, en wil graag hul lewens ligter maak. Die probleem kom dan in by jou digitale clutter (en fisiese clutter wat saam met jou tech-goodies kom) – net oor jy dit nie kan sien nie, beteken nie jou rekenaar is vol leêrs en allerhande downloads wat onnodig spasie opneem nie.

Lees: Declutter jou kopspasie, Marie Kondo styl

Slimfoon slim

Kyk na die apps op jou slimfoon – is daar te veel wat jy nooit gebruik nie? Organiseer hulle in folders en delete die wat net spasie opneem. ’n Goeie manier is om jou home screen te gebruik vir die apps wat jy eerste ding in die oggend gebruik. Skep dan folders op ’n ander skerm vir alles anders – soos aanlyn shopping, speletjies, ensovoorts.

Trash it

Neem ’n halfuur per dag en delete alles wat jy afgelaai en gestoor het om later te lees – as dit ouer as ses maande is, dan kan jy maar daarvan vergeet. Dit sluit bookmarks en alles wat jy op Pocketgestoor het.

Cordless

’n Rekenaar en ander tech-toestelle kom met ’n aardige bedrag kabels – baie wat jy nooit eers gebruik nie. Besluit watter jy wil hou, label hulle, en vergeet van die res.

Lees: 5 Stappe tot ’n netjies klerekas

Een ding op ’n slag

Gaan deur jou rekenaar en delete alles wat nie daar hoort nie. Begin by jou downloads folder en maak heel laaste ’n draai by die foto’s folder (want hy sal die meeste sentiment aanwakker). Stoor alle belangrike dokumente in leêrs en maak seker jy backup alles!

’n Digitale detoks kan jou kop ook sommer skoner laat voel!

 

Bronne: pcmag.commakeuseof.comindependent.co.uk

Back To Top
%d bloggers like this: