skip to Main Content
Inkopies In 2040… Hoe Gaan Dit Lyk?

Daar het soveel dinge in die kleinhandelindustrie die afgelope 20 jaar verander, dat dit amper onmoontlik is om te voorspel hoe die volgende 20 jaar gaan lyk.

Die marknavorsingsfirma, Euromonitor het gaan ondersoek instel om te bepaal hoe tegnologie ons aankoop gedrag gaan verander. Hier is die drie dinge wat hulle voorspel.

1. Inkopies gaan ’n journey wees

Fisiese winkels sal steeds aanhou bestaan en ’n groot rol in mense se lewens speel, maar die funksie daarvan gaan heeltemal verander. Aankope in fisiese winkels was altyd slegs transaksioneel, maar vandag is aankope die finale fase van die verhouding wat gebou word met ’n brand. Euromonitor verduidelik dat die ideale journey waarde moet bied voor, tydens en na die aankope van ’n produk. Fisiese winkels gaan ’n plek word waar mense gaan om produkte te sien, voel, aan te raak en ervaar. ’n Goeie voorbeeld wat hierdie reeds toepas is Canada Goose, ’n kleinhandelaar in Kanada wat aanpaskamers met vrieskas temperatuur het, sodat kliënte ’n werklike ervaring van die baadjie in koue temperature het, voordat hulle dit aankoop.

Foto: Shutterstock

2. Tegnologie maak fisiese winkels meer gerieflik en persoonlik

Gesigskandering gaan heel moontlik gebruik word om die hele inkopie ervaring meer persoonlik te maak. Ons gaan klere en skoonheidsprodukte virtueel kan toets en outomaties daarvoor betaal soos wat ons by die winkel uitloop. In die toekoms gaan robotte heel moontlik gebruik word om kliëntediens te lewer en virtuele stiliste gaan kliënte kan aanraai watter items in die winkel die beste by die klere wat hul reeds in hul kaste het, pas.

3. Jou hele huis gaan ’n winkel wees

Volgens Euromonitor, is die Internet Era nog ’n kuiken. In die toekoms gaan ons yskaste outomaties kruideniersware bestel en vervang soos wat dit op raak. Jou yskas sal selfs help monitor hoe gesond jou dieet is. Gekonnekteerde spieëls gaan dien as persoonlike stiliste en aankoop kanale. Toestelle gaan ook produkte aan verbruikers voorstel volgens hul leefstyl en die produkte wat hul reeds besit. Ons huise gaan ook meer persoonlik wees. Gesigs- of stem herkennings toestelle gaan gebruik word om outomaties die temperatuur, beligting en musiek aan te pas volgens die voorkeur van die persoon wat in die kamer stap.

 

Bron: fashionunited.com

Back To Top
%d bloggers like this: