skip to Main Content
Hoe Word Facial Recognition Gebruik?

Facial recognition is gesigherkenningstegnologie wat wêreldwyd gebruik word vir identifikasie en verifikasie.

Facial recognition is ’n gewilde biometriese oplossing wat gebruik maak van ’n digitale kamera en gesigherkenningsagteware.

Die tegnologie kan gesigte in beelde opspoor vanuit ’n spesiale databasis op die internet. Hoewel dit nie regoor die wêreld wettig is nie, het dit die potensiaal om identifikasies te verifieer om jou toegang tot byvoorbeeld banking apps te gee deur selfie-gebaseerde verifikasie op die nuutste slimfoon. Dit kan ook gebruik word om persone van belang in enige plek in die wêreld op te spoor.

Facial recognition word ook gebruik in die digitale wêreld, soos byvoorbeeld op Facebook en ShutterStock wat die sagteware gebruik om data te organiseer en gebruikers te identifiseer.

Facial recognition is baie slim tegnologie op die punte van ons vingers en dit  is ’n gerieflike manier om identiteite te verifieer deur net die voorste slimfoonkamera en gesigherkenningsagteware te gebruik.

 

Bron: FindBiometrics 

Back To Top
%d bloggers like this: