skip to Main Content
Hoe 3D-drukkers Die Wêreld Verander

Oor die afgelope paar dekades was daar talle tegnologiese innovasies wat ’n groot impak op die wêreld gehad het en die 3D-drukker was een van die grootste uitvindings.

3D-drukkers word tans oor ’n wye reeks industrieë gebruik. Vandag is daar baie tipes 3D-drukkers wat verskillende materiale soos plastiek, metale, keramiek en kos kan druk, maar hoe het dit ons wêreld verander?

1. Innoverende geneeskunde

3D-drukwerk verander lewens in die mediese-industrie, want dit word deur dokters gebruik om vinnige en bekostigbare 3D-gedrukte voorwerpe soos prostetiese dele te maak en om mediese modelle te bou wat navorsers kan help.

2. Revolusionêre onderwys

Baie onderwysers gebruik 3D-drukwerk in die klaskamer in vakke soos wetenskap, geskiedenis, fisika en tegnologie om leerders te help om dit wat hul leer te verstaan en om hul kreatiewe en ontwerpvaardighede aan te help.

3. Print jou kos

Dié tegnologie word deur sjefs gebruik om abstrakte disse te bedien. Sekere tipes 3D-drukkers kan eetbare strukture druk. Dis vinnig, maklik en dit lyk mooi!

4. Dink ’n bietjie groter

Groot strukture wat in konstruksie gebruik word kan ook deur 3D-drukkers geskep word en dié nuwe moontlikhede is besig om argitektuur en konstruksie op ’n grootskaalse wyse te verander.

 

Saamgestel deur: Zara Steyn
Bron: Mimeo
Foto’s: Shutterstock

Back To Top
%d bloggers like this: