skip to Main Content
Die Moets En Moenies Van Instagram Hashtags

Die grootste uitdaging van Instagram is om die regte balans van hashtags te gebruik.

Instagram is ’n baie belangrike platform vir individue en besighede, daarom is dit belangrik om te verstaan hoe hashtags gebruik moet word. Hashtags maak jou inhoud ontdekbaar en bou ’n netwerk van mense met dieselfde belangstellings as jy, maar baie verbruikers gebruik tot 30 hashtags waarvan die meeste onnodig is. Hier is ’n paar wenke om jou te help om net die nodige hutsmerke vir jou posts te kies:

1. Onthou die doel van hashtags

Instagram hashtags het baie doeleindes vir handelsmerke en verbruikers en posts met minstens een hashtag is geneig om 12.6% meer betrokkenheid te ontvang. Hashtags word gebruik om volgelinge te kry en om jou gemeenskap van volgelinge te laat groei. Gebruik dus hashtags wat aksies en deelname aandryf.

2. Instagram Hashtags kategoriseer posts

Soos reeds genoem, het Instagram hashtags die vermoë om ’n post volgens ’n tema, bemarkingsveldtog of handelsmerk te kategoriseer. As iemand byvoorbeeld #fitness soek, is dit soos om Instagram te vra om alle posts wat iets met "fiksheid" te doen het te gaan soek.

3. Hashtags kan jou help om jou aanlyn gemeenskap bou

Mense met dieselfde passies en belangstellings kan mekaar op Instagram soek, volg en ondersteun met behulp van hashtags. Een van die grootste voordele vir die implementering van ’n hashtag-strategie is dus die groei in
gemeenskapsbetrokkenheid.

4. Instagram Hashtags kan gebruik word om inhoud te ontleed

Elke stap in jou bemarkingstrategie vir sosiale media vereis vaste doelwitte en die hashtags gee jou ’n maatstaaf waaraan jy jou posts kan meet.

 

Saamgestel deur Zara Steyn
Bron: sproutsocial
Foto’s: Shutterstock

Back To Top
%d bloggers like this: