skip to Main Content
5 Tegnologie-Tierlantyntjies Wat Jou Besigheid Geld Sal Spaar

In 2018 is dit makliker as ooit om maksimum tegnologiese produktiwiteit te kry met ’n minimale kapitaalbelegging.

Dit kan vir klein besighede met groot uitgawes moeilik wees om nog ’n paar sent af te knyp om in goeie programmatuur te belê, maar entrepreneur en besturende direkteur van Innovo Networks, Damian Michael, het ’n oplossing vir die probleem.

Baie sake-eienaars is nie bewus daarvan dat dit moontlik is om ’n geïntegreerde en produktiewe kantoor te bou sonder om ’n ingewikkelde en duur netwerk te bou nie, verduidelik Michael.

Hier is 5 kostebesparende tegnologieë vir enige klein besighede:

  1. Hosted PBX is ’n moet vir enige besigheid, want dié kommunikasie-diensverskaffer vereis minimale kapitaaluitgawe en dit word gehuisves in die cloud en kan dus van enige plek gebruik word.
  2. Whatsapp Business kan jou onmiddelik met jou kliënte verbind om vinnige dienste of produkte te verskaf.
  3. Chatbots is kunsmatige intelligensie programmatuur wat verkope en kliëntesorg verbeter.
  4. Web Application Firewall verskaf webwerf sekuriteit en monitering wat jou besigheid teen gevaarlike kuberkrakers beskerm.
  5. Die Cloud is een van die gewildste en mees bekostigbare stooropsies.

 

Saamgestel deur Zara Steyn
Bron: Candice Burgess-Look
Foto’s: Shutterstock

Back To Top
%d bloggers like this: