skip to Main Content
1, 2, 3 Aanlyn!

Begin so om jou besigheid ’n aanlyn teenwoordigheid te gee en sien sommer dadelik resultate. Daar is soveel platforms en apps wat jou kan help – 1, 2, 3 en jy is aanlyn. 

’n Professionele webwerf kan jou besigheidsidee in ’n realiteit verander of help om jou bestaande besigheid ’n stappie verder te vat. Moenie net dink in terme van Facebook nie – dis ’n goeie begin, maar as jy ernstig is daaroor om jou besigheid te groei moet jy jou digitale voetspoor vergroot en ’n webwerf met ’n persoonlike domein skep.

Volgens Stefano Maruzzi, vise-president vir EMEA by GoDaddy mis jy uit sonder ’n behoorlike webwerf. Hierdie wenke kan jou help:

Kry ’n naam

Jou webwerf se naam is jou besigheid se naamkaartjie op die internet – maak dus seker dat die naam jou besigheid verteenwoordig en dat dit maklik is om te onthou.

  • Hou dit kort.
  • Vermy snaakse spelling en koppeltekens.
  • Sleutelwoorde is belangrik!
  • Dink oor jou teikenmark

Maak seker dat die naam wat jy kies nie kopiereg op het nie en nie deur ’n ander maatskappy gebruik word nie.

Beplan jou webwerf

Besluit wat jy wil hê jou webwerf vir jou besigheid moet beteken. Wil jy slegs inligting deurgee, of verkope aanwakker? Is dit genoeg om slegs produkte te adverteer, of wil jy hulle ook direk vanaf die webwerf verkoop? Dit gaan bepaal of jy ’n “e-commerce”-webwerf benodig of nie. Indien wel, beplan dan met daardie doel voor oë.

Berei jou voor vir ’n koop-webwerf

Sluit die volgende in by jou webwerf:

  • ’n Inkopietrollie
  • Betaal-portaal
  • ’n SSL sertifikaat (dié funksie beskerm kopers se bankbesonderhede)

Wenk: Die GoDaddy e-commerce webwerf werk deur ’n maklike WordPress plugin.

Kies hoe jy jou webwerf gaan skep

Daar is verskeie opsies om jou webwerf te skep

  • Webwerfbouer

Bouers soos GoDaddy se Website Builder is fantasties as jy gemaklik is om te DIY en in ’n kort tydjie ’n basiese, professionele webwerf wil hê.

  • WordPress

Indien jy nie HTML wil leer nie, maar ’n verskeidenheid opsies soek, is WordPress vir jou. Jy kan kies tussen verniet of betaal-opsies in terme van temas op WordPress.

  • Professionele hulp

Om ’n pro te huur om jou webwerf te ontwerp is ’n fantastiese opsie indien jy iets spesifiek soek. Dit kan jou egter ’n hele paar rand uit die sak jaag.

#BELLAtip: Ons lewe in ’n selfoon-gedrewe wêreld – so maak seker dat jou webwerf reg is om ook op ’n selfoon gelees te kan word!

 

Bronne

www.GoDaddy.inc

www.WordPress.com

www.smallbiztrends.com

Back To Top
%d bloggers like this: