skip to Main Content
Studente En Skoliere: Vind Jou Finansiële Vryheid

Kyk, jou Ouma gaan met jou talente spog – by elke oor wat wil hoor (en selfs die wat nie wil niee). Maar dis nie al waarvoor karate; en kunsklas-kampioene daar is nie… Gebruik waarmee jy goed is om geld te maak!

Die verskonings gaan eindeloos wees: jou tyd is te min, die wiskunde te moeilik, die kampus te groot en jy te klein. Onsin! Hoe meer jy doen, hoe meer kan jy doen. Maak net seker jy hou by ’n leerrooster en skedule en maak solank jou beursie wyd oop.

Geen meer stilstuipes as ouers nie geld het vir jou 100ste social van die jaar of koshuis treintoer na Stellies nie – jou finansiële vryheid is in jou hande.

Beraam planne en hou jou beursie vol:

  1. Bied aktiwiteite aan vir laerkoolkinders. Begin afrig waarin jy goed is. As jy graag teken en verf gaan praat met die Laerskool se naskooljuffrou en kry ’n paar studente. Selfde geld vir drama (help kinders met kunswedstryd), musiek of sport.
  2. Tutor of ekstra klasse. Of jy uitblink in tale of wiskunde en wetenskap – kapitaliseer!
  3. As jy ’n slag het met die pen help ’n paar verlore siele om toesprake te skryf. Jy kan selfs dienste aanbied as proefleser vir take en opstelle. Stuur jou CV na koerante/ tydskrifte. Sommige publikasies sal graag op die jonger generasie se vryskut knoppies wil druk.
  4. Au Pair/ pas kinders op. Au Pair gaan makliker wees vir die student met ’n voertuig. Maar jy as tiener kan ook jou dienste aanbied as babysitter op jou af-aande.
  5. House; of pet sitting. Laat jou bure met geruste harte vakansie hou terwyl jy met buurman Jan Tuisbly se karretjie ry en sy diere oppas.
  6. Gryp ’n kwas en verf huise. As jy handig is kan jy selfs dienste aanbied as nutsman (of nutsvrou). Kunstiges kan mooi kinderkamers verf.
  7. Sosiale media konsultant. Kanse is goed dat jy veel meer weet van Insta en Facebook as Tannie Ina oorkant die pad. Maar iemand gaan moet help om haar vrugtekoek te bemark? (Teen ’n fooitjie natuurlik.)
  8. Computer tutor. Hou ’n kortkursus vir oues en help hulle om basiese rekenaarvaardighede aan te leer.
  9. Maak en verkoop. Van droomvangers tot juwele – as jy dit kan maak, kan jy dit verkoop. Toets die waters by ’n kersmark, bou ’n webtuiste of gebruik e-handel platforms.
  10. Begin ’n webjoernaal of Youtube channel en raap advertensiegeld in.

Van kuns tot wetenskap – maak nie saak wat die vraag – entrepreneurskap is die antwoord!

 

 

Back To Top
%d bloggers like this: