skip to Main Content
Só Leef Jy Internasionale Vrouedag Se Tema Uit In 2019

Albert Einstein het gesê “Life is like riding a bicycle. To keep your balance you have to keep moving”. Só kry ons #BalanceforBetter in 2019.

Internasionale Vrouedag is dalk verby, maar het jy geweet wat die tema agter vanjaar se vieringe beteken en weet jy hoe om dit daagliks uit te leef ?

Internasionale Vrouedag is ’n Wêrelddag wat die maatskaplike, ekonomiese, kulturele en politieke prestasies van vroue vier – terwyl dit ook ’n beroep op ons elkeen doen om te doen wat ons kan om geslagsgelykheid te bevorder.

Die eerste Internasionale Vrouedag het in 1911 plaasgevind, en was deur meer as een miljoen mense ondersteun! Vandag lyk ons wêreld heeltemal anders as die van ons ouma-grootjies (dankie tog!) en alhoewel ons vorentoe beweeg, het ons nog nie die wenstreep gehaal nie.

Hierdie jaar se Internasionale Vrouedag tema, #BalanceforBetter, moedig almal aan om hul deel te doen vir ʼn meer geslagsgelyke samelewing.

Foto: Shutterstock

Die toekoms is opwindend en ons almal het ’n rol om te speel. Die 2019 #BalanceforBetter-veldtog is ʼn fantastiese wegspringpunt om ons almal se pogings in ’n eenvormige rigting vir deurlopende aksie te lei.

Onthou, geslagsbalans  is nie net ’n vroue-probleem nie, dit is ‘n besigheidsprobleem. Dit word al hoe meer duidelik dat geslagsgebalanseerde besighede, ’n geslagsgebalanseerde regering, geslagsgebalanseerde media dekking, ’n geslagsbalans van werknemers, en meer geslagsbalans in rykdom, nie net polities korrek is nie, maar noodsaaklik is vir ekonomieë en gemeenskappe om te floreer.

As vrouens is dit belangrik dat ons nie net deelneem aan die cool gesprekke nie, maar ook deelneem aan die kritiese en belangrike vraagstukke wat ons daaglikse lewens, en die vroue wat na ons kom se lewens, beïnvloed.

So sit jou hande uit vir die #BalanceforBetter POSE, deel jou kiekie op sosiale media en maak elke dag Internasionale Vrouedag 😉 ! 

Gaan na die IWD webtuiste vir meer inligting en idees oor wat jy kan doen om ’n positiewe verskil te maak.

Back To Top
%d bloggers like this: