skip to Main Content
Signature Lux – Die 1ste Hotel In SA Met Gesofistikeerde Selfdiens Check-in En Kamertegnologie

Ariane Systems, die wêreldleier in selfdiens check-in en check-out tegnologie vir die gasvryheidsindustrie, wat in Suid-Afrika deur die eksklusiewe herverkoper, Nu Menu Solutions, beskikbaar gestel word, launch hul aanlyn check-in diens vandeesmaand by die eerste van vyf Signature Lux hotelle wat in die volgende 18 maande in Suid-Afrika oopmaak.

Die splinternuwe, 218-kamer Signature Lux Hotel, wat in Junie in Nelson Mandela Square, Sandton, oopmaak, is die eerste van sy soort in Afrika en is gerieflik sentraal geleë vir beide korporatiewe- en ontspanningsreisigers, asook groepe en konvensies. Paul Kelley, Besturende Direkteur van Signature Lux Hotels, sê dit is opwindend om te sien hoe die fokus van hotelbestuur-sagteware vir kamerbeheer en besprekings na real-time digitale dienste vir gaste verskuif.

“With new generations of travellers and the constantly evolving online distribution marketplace, it is the capability of hotels to provide modern services that will help them remain competitive. If we can, to a large extent, eliminate the clerical part of the job for front office staff and leave more opportunity for human interactions, not only can we increase the accuracy of routine operations and reduce costs, but we can improve the overall guest experience as well.”

Ariane help om gaste se wagtyd in die voorportaal te verkort deur die arriveringsproses by Sandton Signature Lux te streamline. Gary Ernstzen, Besturende Direkteur van Nu Menu Solutions, sê diè oplossing motiveer gaste om die dag voor hul bespreekte verblyf, op die webblad of die iRiS app aanlyn in te boek. Hulle sal outomaties ’n e-pos ontvang, waarop hulle hul besprekingsbesonderhede kan hersien of verander, addisionele gerieflikhede, soos parkeringstoegang, kan byvoeg en aanlyn betalings kan maak. Alle aanlyn betalings word deur Iveri, ’n baie veilige platvorm wat aan internasionale PCI standaarde voldoen, verwerk.

Die bevestigende e-pos sal gedetailleerde instruksies, oor hoe om jou kamersleutel by die on-site Duo 6020 selfdiens-kiosk af te haal, bevat. Dit kan gedoen word deur ’n vier-syfer kode in te tik of ’n QR kode by die sleutel dispenser te scan. Die QR kode, wat in Apple se Passbook vertoon, is nuut tot Ariane se inboek proses, wat Signature Lux een van die eerste Suid-Afrikaanse kliënte maak wat baat sal vind by diè tegnologie. “Providing self-service definitely does not mean a lack of service. On the contrary, it contributes to our guests’ comfort and improves their experience,” sê Kelley. Hy sê nog ’n wonderlike eienskap vir gereelde gaste, is die geleentheid om die selfdiens check-in kiosk geheel en al te ontduik. “If a guest has stayed at the hotel once, we will have captured their details on our in-house reservations system, Micros Opera Cloud, which ensures that all sensitive guest information is protected in the Cloud. This effectively means we can forward them their room number as well as mobile guest key en route to the hotel and allow them to completely bypass the kiosk,” sê Kelley.

Ernstzen sê: “Ariane is on the cutting-edge of innovation and prides itself in delivering a solution that is simple for guests to use. By adding a Passbook / Wallet feature, we have made online check-in accessible to over 700 million iPhone users – many of whom already use the digital wallet on a regular basis.” Hy sê outomatisering is ’n kernoorweging vir enige hoteleienaar en dat selfdiens en mobiel-gebaseerde dienste tot ’n hotel se ekosisteem, wat outonoom, outomaties en effektief is, bydra.

Die tegnologie-ervaring strek van check-in tot in die kamer. Gaste kan by Signature Lux die hotel app, deur iRiS, wat die tradisionele in-room informasieboek vervang, gebruik. “There are no hard-wired telephones in our rooms. Using any smart device, our guests can call room service, check on other services and even select a meal of their choice,” sê Kelley.

Hy sê dis nie net die gas wat hieruit voordeel trek nie; die toepassing laat ook hoteleienaars toe om die gas beter te verstaan en verskaf addisionele waardetoevoegingsopsies wat op gaste se spesifieke vereistes en benodigdhede gebaseer is. “This information is all stored in our hotel’s PMS and is available the next time the same guest visits the property, which caters to the service personalisation,” verduidelik hy.

Vier addisionele Signature Lux hotelle is geskeduleer om binne die volgende 18 maande in Kaapstad se V&A Waterfront, Woodmead en Melrose Arch in Johannesburg en Umhlanga in Kwazulu-Natal oop te maak.

Geskryf deur: Renate Engelbrecht

Foto’s: Verskaf deur Signature Lux Hotels

Back To Top
%d bloggers like this: